Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Onbaatsugtige hulp beloon
Volgende keer as jy by ’n onderneming op Kroonstad kleingeld in jou hand het, oorweeg dit om dié munte in die spesiale Northern Free State Care Givers (NFSCG) se spaarblikkies op die toonbank te gooi. Elke sent om die lot van siekes te verlig en om mense te bemagtig om as tuisversorgers opgelei te word gee aan naasteliefde groter betekenis. Die NFSCG lei tuisversorgers op om vir terminaal siek pasiënte in die groter Kroonstad die nodige bystand en versorging in die streek te bied. Sonder die heelhartige ondersteuning van die gemeenskap kan dié liefdeswerk nie gedoen word nie. “Soveel mense se harte en beursies gaan vir die NFSCG oop. Ons het nie woorde om die gemeenskap te bedank vir hul bydrae om die NFSCG se doelstelling om terminaal siek pasiënte te versorg te vervul nie,” sê mev. Felicity Combrinck, voorsitter en stigterslid van die NFSCG. Tydens die NFSCG se jaarafsluitinggeselligheid is sertifikate van waardering aan sewe verdienstelike mense en instansies vir hul inset om die doelstellings van die organisasie te realiseer oorhandig. Dié sertifikate is aan die Rotariërklub van Kroonstad, die Vryburgers en Kroonnuus vir ruimhartige skenkings en publisiteit aan die NFSCG oorhandig, terwyl individue wat hul tyd en kundigheid ten behoewe van terminaal siekes opoffer ook met sertifikate beloon is. Hulle is mnr. Braham Smiedt (Cyril Smiedt-Apteek), mevv. Lisette Swanepoel, Hester Fourie (sielkundige) en dr. Liesching Rademeyer (sielkundige). Volgens Combrinck het die NFSCG die afgelope geldjaar 54 kankerpasiënte, 18 pasiënte wat onder meer vir Alzheimer se siekte en ander siektes behandeling ontvang en ook senior burgers in Kroonstad versorg. Altesaam 34 borskankerpasiënte uit alle bevolkingsgroepe word ook met die liefdeshande van tuisversorgers, wat sonder betaling opleiding by die NFSCG ontvang en diens doen, bygestaan en versorg. Terminaal siek pasiënte van onderskeidelik Maokeng en Brentpark word besoek deur tuisversorgers om die gemak van sterwende pasiënte te verbeter. “Dit kos R10 vervoerkoste vir ’n tuisversorger om ’n pasiënt te besoek en te versorg. Die vervoer van tuisversorgers is ons grootste probleem en ons het hier die hulp van vrywilligers nodig wat dalk tuisversorgers kan vervoer of ’n geldjie hiervoor kan afknyp,” sê Combrinck. Tien tuisversorgers is vanjaar by die Palms op Kroonstad opgelei. Sowat 90 tuisversorgers uit alle bevolkingsgroepe het hul dienste gratis en vrywillig by die NFSCG aangebied. Slegs klein honnorariums word in verdienstelike gevalle toegeken. Pasiënte van die NFSCG betaal geensins vir sorg nie. Doeke vir volwassenes is baie duur en die NFSCG moet soms diep in sy beursie delf om pasiënte hiermee te help. Skenkings in die verband sal hoog op prys gestel word. Sy sê die NFSCG het saam met families getreur oor die heengaan van 33 pasiënte in 2008 en vyf in 2007. Mense wat hul weg oopsien om die NFSCG met tyd, hulp of ondersteuning te help kan Combrinck by 084-206-8912 bel.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|