Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Antwoorde gesoek
Nagenoeg R9 miljoen is glo deur die Moqhaka-munisipaliteit op ’n mislukte Moqhaka-toerisme-extravaganza vermors. “Ons wil by die Moqhaka-stadsraad antwoorde op ’n tiental vrae hê, maar ons versoek het glo op dowe ore geval. Tot verlede Dinsdag (11 November) toe ’n onbevredigende antwoord per brief van die munisipaliteit per hand aan die Moqhaka-belastingbetalers-en-inwonersvereniging (MBIV) gedateer 28 Augustus by die kantore van die MBIV afgelewer is.” Só sê mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter van die MBIV, in ’n nuusverklaring nadat dié munisipaliteit bykans vyf maande nadat ’n dispuut met die owerheid verklaar is nou eers op die MBIV se versoek op verduidelikings gereageer het. Die MBIV het op 20 Junie ’n dispuut met die Moqhaka-munisipaliteit verklaar en ’n tiental vrae gevra waarop die gemeenskap op antwoorde geregtig is. “ ’n Aanhaling uit die Grondwet, in ’n poging om die extravaganza van 2007 te verdedig waartydens ongeveer R9 miljoen vermors is, dui steeds op die onvermoë van die munisipaliteit om die dorp se geldsake doeltreffend te bestuur en bevestig die rede tot wantroue wat die belastingbetalers koester,” benadruk Van Schalkwyk. Die MBIV is vies, omdat die skrywe van die munisipaliteit geen antwoord op die MBIV se uitbreiding van die dispuut (13 Augustus) bied nie. “Uiters kritieke kwessies wat die gemeenskap as geheel raak, soos die toestand van die water- en rioolsuiweringswerke, al die strate van Kroonstad, die toestand van die brandweer en die nakoming van wetsaspekte ten opsigte van die formaat van die rekenings bly onaangeraak. Hierom staan die MBIV die toestaan van ’n R60 miljoen-lening van Absa teen omdat slegs ’n gedeelte van die gemeenskap deur sodanige lening bevoordeel word,” sê Van Schalkwyk. Die reënseisoen is op hande en die Valsrivier sal binnekort vloei, maar omdat die gesteelde kabel by die pompstasie steeds nie vervang is nie, is dit haas onmoontlik om die watervoorraad van die Bloemhoekdam, die vernaamste opgaardam van Kroonstad, aan te vul. “Wéér raak dit die hele gemeenskap,” voeg Van Schalkwyk by.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|