Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Salvo vanjaar afgevuur
Nov 18 2008 03:53:39:050PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Tydens die jaarlikse herdenkingsparade by die oorlogsgedenkteken op Kroonstad is vir die eerste keer in die geskiedenis van die dorp ’n kanonsalvo afgevuur ter ere en nagedagtenis aan dié wat hul lewe vir hul land in oorloë opgeoffer het.

Die twee G1 88 mm-kanonne van die Vrystaatse Artillerieregiment, gestasioneer op Kroonstad, het menige inwoner wakker laat skrik met hul twee loskruit-skote voor die Moqhaka- munisipale geboue.

Soortgelyke kanonne word gebruik vir die opening van die parlement of besoeke deur buitelandse staatshoofde en ministers van Suid-Afrika.

Jaarliks op die Sondag die naaste aan 11 November om 11:00 word wêreldwyd Papawerherdenkingsparades gehou vir dié wat hul lewe vir hul land in oorloë opgeoffer het. In 1920 is die rooi papawerblom gekies om die simbool te wees van 11 November-herdenkingsparade.

Om dié rede word rooi papawers gedra deur oud-gediende soldate en ander mense wat die belange van gesneuwelde soldate op die hart dra.

Dit is die taak van alle weermag-komponente en oudgediende organisasies om toe te sien dat die soldate wat hul lewe afgelê het, nooit vergeet sal word nie.

Vanjaar het die plaaslike tak van die SA Legioen saam met die Vrystaatse Artillerieregiment die herdenkingsdag-parade aangebied.

Die uitvoerende burgemeester van Moqhaka, me. Mantebu Mokgosi, lede van die Genieskool, Groep 24 HK, Regiment De Wet, Vrystaatse Artillerieregiment, die Artillieriebond, die SA Infanteriebond, die SA Legioen, Moths, Mothwa en Die Voortrekkers het die jaarlikse unieke parade bygewoon en kranse by die besonderse gedenkteken gelê.

Die leuse van die SA Legioen, Nie vir onsself nie, maar vir ander, bly voortbestaan wanneer dié wat hul lewe opgeoffer het, onthou word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer