Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Pas op vir dié sluwe slenter
“Ons is jammer om jou mee te deel dat jou huiswerker dood is. Ons het dringend R3 000 nodig vir die lyk om hierheen te kom.” Met só ’n oproep is talle inwoners van Kroonstad geskok om te verneem dat hul huiswerkers, sommige wat al meer as 20 jaar by dieselfde gesinne werk, glo dood is. Dis egter net ’n skelmstreek en die oproepmakers speel op die gevoel van werkgewers om kontant in die hande te kry. Talle inwoners is ontsteld en sommige is onnodig in rou gedompel, net om later uit te vind dat hul huiswerkers springlewendig en gesond is. Inwoners word versoek om aan te dring op besonderhede van die huiswerkers soos die identiteitsnommer, woonadres, kinders se name en ook kontakbesonderhede van die beller. Dit is ook wys om die naaste familie van huiswerkers te kontak om die sogenaamde dood te bevestig, al dan nie. Aangesien die bellers onwettig met die slenter geld wil bekom, is dit noodsaaklik om onverwyld die polisie in kennis te stel. Sulke voorvalle dwing werkgewers om te alle tye kontakbesonderhede van naasbestaandes van hul huiswerkers byderhand te hê.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|