Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Bevelvoerder verongeluk
Die waarnemende bevelvoerder van die Genieskool, lt.kol Vic Gumbi (42), het Sondagaand in ’n motorongeluk op die pad tussen Kroonstad en Sasolburg verongeluk. Die kommunikasie-offisier van die Genieskool, lt. Mimie Madiba, sê Gumbi was onderweg na ’n werksessie wat vir gister op Bronkhorstspruit geskeduleer was. “Sowat 20 km voor Sasolburg was hy in ’n motorongeluk betrokke. “Die ambulansdiens was vinnig op die toneel en hy is na die Vaalpark Netcare- hospitaal per helikopter gebring. “Om 10:45 het hy in die hospitaal aan sy wonde beswyk,” sê Madiba. Kol. Chris van Wyk, bevelvoerder van die Genieskool, is onlangs verplaas na Pretoria en sou op 16 Januarie die bevel aan Gumbi tydens ’n oorhandigingsparade oorhandig het. Gumbi het sedert Junie vanjaar as waarnemende bevelvoerder van die skool opgetree. Die begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie. Gumbi word oorleef deur sy vrou, Nodithandazo, en vier kinders, Sibolele (16), Thanduxolo (14), Andile en Abongile (7).
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|