Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Jeugleraar spesiaal vir die jong mense
May 08 2008 03:41:54:517PM  - (SA)  
Annerie Louw



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die jong mense is bevoorreg om vanjaar met Pinkster na ’n jeugleraar van die Stellenbosch-kerk te luister. Ds. MC Engelbrecht is een van vyf leraars in dié kerk en is vir die jeugwerk verantwoordelik. Hoewel hy jeugweke oor die land heen aanbied, hou hy baie daarvan om ’n eie kerk te hê.

Hy sê hy werk in ’n post-denominasionele kerk waar AGS- en NG lidmate met ’n klomp studente wat eintlik nooit aan ’n kerk behoort het nie, bymekaarkom.

Sy beplanning vir die week se byeenkomste in die Hoërskool Kalahari se skoolsaal is rondom die oorhoofse tema: Die Gees wat kom en verandering bring – Extreme make-over, in tienertaal. Die kleiner temas is: Wat beteken liefde, Wie is jy, Nooi die vreemdeling en Hoe verander ons die wêreld.

Engelbrecht se lewensfilosofie is hy glo aan lekker eet, om stadig te leef en dat ’n mens God oral kan vind.

“Ek wil saam met jong mense reis – in hul lewe inklim – eerder as om oor moets en moenies te preek.”

Mense wat sy lewe beïnvloed het, is die teoloë Leonard Sweet, Rob Bell en Erwin McManus.

Laasgenoemde het ’n gemeente in Los Angeles waarvoor hy Sondae kerk hou in sanger Prince se nagklub. Elke Sondagoggend maak hulle die nagklub skoon om reg te wees vir die erediens. Sy gemeente se naam is Mosaic: gebroke mense wat bymekaarkom en ’n mooi prentjie vorm.

Dit is Engelbrecht se eerste besoek aan die deel van die land en hy sê dit lyk vir hom na ’n mooi, rustige dorp. Hy mag jonk lyk, maar is getroud en het twee dogtertjies.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer