Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Koivisse, kouwaterseep, lastige vetjies
Op ’n heerlike herfsmiddag in die tuin van mev. Ansie Cilliers het die vroue van Kurumanse Vroue-Landbouvereniging (VLV) alles oor koivis en kouewaterseep geleer. Die Landbougroep onder leiding van mev. Marina Strydom het ’n baie opvoedkundige program saamgestel: Sjerrie uit blikbekers? Glo my, dit werk! Mnr. Riaan Britz, wat al ’n boek oor goudvisteling die lig laat sien het, het die vroue behoorlik ingelig oor die feite sowel as mites rondom boerdery met koivisse. Seleksie word gedoen op oogvorm, stertvorm en kleur en dan is daar ook nog basters wat ’n groot verskeidenheid bied. Water waarin visse gehou word, moet nie te skoon wees nie, want die mis in die water moet afgebreek word en daar is ’n fyn wisselwerking tussen eensellige en meersellige organismes in die water. Die afbreekproses duur sowat 6 tot 8 weke en skoon water vertraag die proses. Daar moet ook beweging in die water wees, byvoorbeeld met ’n waterpompie, en ’n filter sodat suurstof met die water kan vermeng. ’n Natuurlike waterval kan goed werk en is ook ’n aanwins vir jou tuin. Verder moet jou dam nie direk onder ’n boom wees wat mors nie – blare of bessies kan giftig wees. Koidamme word gewoonlik gelig sodat tuinwater nie kan inspoel en ongewenste elemente soos organofosfate jou visse vergiftig nie. “ ’n Oorvol dam kan daartoe lei dat die visse uitspring. Broeityd is een keer per jaar, van September tot November en sorg moet gedra word dat daar ’n veilige plek is vir die eiers, aangesien die visse karnivore is en die eiers sal eet. Die gewildste koi is dié met rooi en swart vlekke. . Om seep te kook soos ons oumas dit gedoen het – ure lank om die swart pot met ’n roeispaan in die hand en ’n kappie op die kop – is nie meer nodig nie. Mev. Drien Smith het breedvoerig verduidelik hoe jy met vet, water en seepsoda die lieflikste seep kan maak. Almal is dit eens dat net boerseep ’n wit sokkie regtig skoon kry, en mev. Mollie Combrinck lees ’n paar variasies van resepte, soos gliserienseep en skuurseep, wat sand bevat as skuurmiddel. Met die pryse van skoonmaakmiddels so hoog soos dit nou raak, is almal begeesterd om hul eie seep te maak! En soos gewoonlik is niemand suinig met die uitdeel van waswenke nie! . Die VLV-lede het ook begin met ’n maerword-projek en voortaan gaan lede elke maand geweeg word. Elkeen wat nie vetjies afgeskud kry nie en selfs gewig aansit, sal ’n boete moet betaal. Om almal te inspireer vertel ’n nuwe lid, mev. Roma Potgieter, hoe sy onlangs ’n klomp kilogramme afgeskud het. Dit verg uithouvermoë en toewyding, maar die leefstylverandering wat daarmee gepaardgaan, is net tot jou voordeel. Verder kon almal kyk na ’n uitstalling van potte en tuinornamente wat mev. Carol de Villiers uitgestal het. Voorwaar ’n middag om nooit te vergeet nie!
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|