Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Leer meer oor stres
Die Stigting vir Integrerende Navorsing in Geestesgesondheid het onlangs in ’n studie bekend gemaak drie uit vyf doktersbesoeke oor die wêreld heen is weens stresverwante siektes. In ’n peiling wat deel was van dié studie het 23% van beroepsvroue gesê hulle ervaar erge stres in vergelyking met die 19% mans wat ook ’n professionele beroep beoefen het. Dat meer vroue stres ervaar as mans is egter nie ’n verrassing nie. Benewens stres in hul beroepe en by die werkplek is daar ook nog ekstra stres tuis soos om kinders groot te maak, huis te hou, kos op die tafel te sit en om ’n gesonde gesinslewe te handhaaf. Hoekom stres ons? Dr. Susan Musikanth, ’n sielkundige berader van Kaapstad en die outeur van Stress Matters, sê stres is die manier waarop jou liggaam en jou brein op bedreigings uit die omgewing reageer. “In die verlede het stres ons voorouers gehelp om te oorleef en daarsonder sou die mens uitgesterf het.” Sy verduidelik stres aan die hand van “Og”, die grotmens. “Og is honger en gaan jag. Tydens die jagekspedisie sien hy ’n dinosourus wat hom wil eet. “Og se brein sê vir hom die situasie kan potensieel gevaarlik raak en dit stuur ’n alarm na sy hipotalamus-klier in sy brein. “Dié klier stuur weer ’n boodskap na sy pituïtêre klier wat die boodskap na die adrenalienkliere stuur. “Die kliere skei hormone af wat Og se vlug-of-veg-reaksie aktiveer. “Og maak nou reg om die dinosourus aan te durf of om vir hom weg te hardloop. Daarna kalmeer hy en sy spiere ontspan.” Musikanth sê hoewel die brein van die moderne mens dieselfde reageer as dié van mense duisende jare gelede het die situasies waarin ons stres aansienlik verander. “Ons word nie meer gekonfronteer met dinosourusse wat ons wil eet nie, maar met situasies soos druk in ons beroepe, die handhawing van ’n gesonde huwelik en familielewe en tydsbestuur,” verduidelik Musikanth. Sy sê in die verlede het ons tyd gehad om van ons stres te ontlaai, terwyl vandag se gejaagde lewe dit nie toelaat nie. Dit is juis dan dat stres jou begin siek maak. “ ’n Verswakte immuunstelsel is een van die eerste tekens van stres.” Mense sal byvoorbeeld die hele tyd sukkel om van ’n verkoue ontslae te raak, terwyl dit die liggaam se manier is om vir hulle te sê hulle moet rustig raak. Hoewel die paradigma van die man as die eksklusiewe broodwinner verskuif het na albei geslagte wat nou werk, het die vrou se tradisionele rol as tuisteskepper en ma-figuur in die meeste huishoudings nie veel verander nie. In ’n onlangse studie wat deur die Universiteit van Noord-Carolina, Amerika, gedoen is, is bevind getroude mans help minder met die huiswerk as mans wat saam met hul lewensmaat bly. Die studie het bevind getroude vroue doen dikwels twee keer soveel huiswerk as hul mans, al het hulle dikwels dieselfde verantwoordelikhede in hul beroepslewe. Hoe hanteer ek stres? Musikanth sê daar moet tussen goeie stres en slegte stres onderskei word. “ ’n Mens het stres in jou lewe nodig, anders raak jy verveeld en apaties. “Goeie stres kan dui op verandering, byvoorbeeld as jy van werk verander, trou en verlief raak. Dis die liggaam se manier om ons op verandering voor te berei.” Sy sê slegte stres kom voor as jy negatiewe emosies ervaar soos tydens ’n egskeiding, konflik by jou werk en slegte tydsbestuur. “Vroue is baie krities teenoor hulself, omdat hulle perfek wil voorkom en almal tevrede wil stel. “As ek stresberadingsklasse aanbied, is een van die eerste dinge wat ek vir vroue leer om ‘nee’ te sê en meer beslis op te tree,” beklemtoon sy. Musikanth sê as sy van stres ontslae wil raak, probeer sy altyd iets kreatief doen. Vir meer inligting oor streshantering en stresbestuur bel Musikanth by 021-715- 8852 of stuur ’n e-pos na susan@musikanth.com.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|