Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Hedley praat nou al lekker Frans
May 08 2008 03:41:50:767PM  - (SA)  
Annerie Louw



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die voormalige Griekwa-voorspeler Hedley Wessels en sy vrou, Elmarie, verwag hul eersteling in Julie vanjaar. Hulle bly baie lekker in ’n woonstel in Anglet, Frankryk. Hy speel op die oomblik vir die spogklub Biarritz Olympique Pays Basque in Frankryk.

Hedley sê hulle verwag ’n seuntjie en hy kan nie wag dat hy sy eerste rugbybal moet skop nie.

Die paar vrae wat aan hom gestel is, het hy gemaklik en vinnig per e-pos beantwoord:

Wat het jou laat besluit om oorsee rugby te gaan speel?

Ek het oorsee kom rugby speel, want ek het nie kans gesien vir nog ’n Vodacom-beker nie, want in 2005 het Griekwas die beker gewen en ek was lus vir nuwe uitdagings. Ek het in 2001 reeds my eerste aanbod vir rugby in Frankryk gekry, maar my bloed was Poublou en ek is maar lief vir my mense.

Ek is nou drie seisoene in Frankryk en kan ná nog twee seisoene aansoek doen om my Franse paspoort.

Ek dink dit is ’n goeie ding, want my Frans is goed genoeg en ek is nou al oor die helfte.

Oorweeg jy dit om permanent in Frankryk te bly?

Permanent bly is ’n “tough call”. Ek verlang na my ouers en Suid-Afrika en ek wil gaan boer. Ek glo dus nog een seisoen dan hang ek my tokse op.

Wie is jou gunsteling- Franse rugbyspeler?

Al die Franse rugbyspelers is seker gunstelinge, maar as ek een moet uitsonder, is dit Thomas Lievremont, die huidige Franse afrigter se broer. Hy is ’n goeie en slim rugbyspeler en een van die aangenaamste mense. In Biarritz speel talle internasionale spelers van Frankryk, Italië, Argentinië, Tonga, Samoa en Suid-Afrika. Dit maak Biarritz ’n baie goeie span en almal bring hul kant.

Hoe verskil die benadering tot rugby van dié van Suid-Afrika?

Die Franse benadering is basies dieselfde as Suid-Afrika s’n – net hul strukture en geriewe is soveel beter as tuis. Hul benadering van wedstryde is heel anders en as jy verloor, is fiksheid nie die oplossing nie. Hulle gee baie meer aandag aan die basiese fasette van rugby as om fases op te sit.

Ek geniet Franse rugby baie en dit is stadiger as in Suid-Afrika, maar baie voorspeler?spel, want die velde is dikwels modderig of dit reën.

Hoe vaar die span waarvoor jy speel?

Biarritz het die Franse kampioenskap in 2002 en weer in 2005-’06 gewen. In 2006 het hulle in die eindstryd van die Heineken-beker gespeel, maar verloor teen Munster. Ons speel in die top-14, wat die Curriebeker van Frankryk is en ook in die Heineken-beker.

Hoe gaan dit met Elmarie in Frankryk – en met die ander Suid-Afrikaners?

Alleen in Frankryk is taai. Die eensaamheid en taal maak dit moeilik om te bly. My vrou, Elmarie, is saam met my hier en dit is my lewe.

Ons is vyf Suid-Afrikaners hier en ons het almal in SA teen mekaar gespeel en nou is ons een. Frankryk is vol Suid-Afrikaners. Elke klub het drie of meer en ook die tweede divisie het almal Suid-Afrikaners.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer