Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Bekende boer na sy wens begrawe
May 08 2008 03:41:48:187PM  - (SA)  
André Botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Familielede en vriende van een van Daniëlskuil se voorste boere het Dinsdag op gepaste wyse van hom afskeid geneem toe hy hier begrawe is.

Mnr. Jan Jansen (80) van die plaas Seekoeivlei se kis is met ’n antieke lykskoets, getrek deur twee van sy eie Hackney-perde, van die NG kerk Daniëlskuil na die begraafplaas gebring. Dit was Jansen se eie wens dat sy begrafnis só gehou moet word.

Mev. Anneretha van Niekerk, een van Jansen se dogters, sê haar pa en ma, Annie, het sowat 56 jaar op die plaas geboer. Van Niekerk het die afgelope jare saam met haar pa geboer en ook aan tentoonstellings deelgeneem. Sy gaan nou met die boerdery voort.

Hy het gereeld op Beaufort-Wes aan tentoonstellings deelgeneem, ook in Kimberley en op Daniëlskuil.

Mnr. Gerrie van Heerden, ’n vriend wat gereeld saam met Jansen aan tentoonstellings deelgeneem het, het gesê Jansen was ’n baanbreker as Hackney-teler in die land.

Jansen word oorleef deur sy vrou, drie dogters, Van Niekerk, Suzette Faihst en Adelle Rainier, en sewe kleinkinders.

Van Niekerk se twee seuns, Jan-Paul en Jannie, het die lykskoets gedryf, terwyl sy dit die laaste entjie tot in die begraafplaas gedryf het.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer