Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Skerpioen-hoof verlaat SA
’n Seun van Kuruman word aan die einde van volgende maand die onderpresident van die Wêreldbank se teenkorrupsie-eenheid in Washington. Mnr. Leonard McCarthy, gebore in Wrenchville, Kuruman, was die hoof van die Skerpioene se misdaadbekampingseenheid en is nou gekies om die Wêreldbank se teenkorrupsie-eenheid te lei. Die president van die Wêreldbank, mnr. Robert Zoellick, sê in ’n verklaring pres. Thabo Mbeki het tot McCarthy se ontslag ingestem sodat hy die posisie van onderpresident van die bank se department van institutionele integriteit einde Junie kan oorneem. Die eenheid ondersoek vervalsings en korrupsie in ontwikkelende projekte wat deur die Wêreld-ontwikkelingsagentskap gefinansier word. Hoewel trots op haar seun se prestasie, was mev. Grace McCarthy, Leonard se ma, baie emosioneel toe Kuruman Bulletin haar vir ’n onderhoud gebel het. In die kortste straat in Wrenchville vind ek haar waar sy saam met haar ander seun, Anton, die huis deel. Sy is aangedaan oor Leonard se prestasie, omdat sy dit so graag met haar oorlede man, Joseph, sou wou deel en omdat sy besef dat Leonard nou in Washington gaan bly en hulle mekaar dalk min sal sien. Sy het maklik met die bus in Pretoria gaan kuier, maar Washington . . . Sy vertel hoe Leonard ná sy laerskoolloopbaan in Wrenchville Kimberley toe is en daarna na die Universiteit van die Wes-Kaap waar hy onderwys wou studeer. Hy het gou agtergekom hy stel eintlik in die regte belang en het teruggekeer na sy ouerhuis op Wrenchville waar hy hom toe aan Unisa vir ’n regskwalifikasie ingeskryf het. Mev. McCarthy sê hy was altyd baie gemotiveerd. In Wrenchville was hy gou betrokke by ’n sokkerspan wat hy afgerig het en hy het nou en dan by die skool afgelos. Sy ma glo jy moet hard werk vir wat jy wil hê. Geleerdheid is belangrik en sy het haar kinders geleer: “Nothing is worth it if it comes easy”. Met sy studie het Leonard paaie gekruis met die prokureur op die dorp, mnr. Wouter Jordaan, wie se regsbib-lioteek tot sy beskikking was. Nadat hy sy kwalifikasie ontvang het, is hy terug Kaap toe waar hy in die hof gewerk het en volgens mev. McCarthy “hom stap vir stap bekwaam het totdat hy ’n prokureur was”. Hy het ook sy vrou, Margaret, daar ontmoet en hulle het ’n seun. Die Skerpioene het in die Kaap begin en Leonard is saam met hulle Pretoria toe. Hy het Sondag laatmiddag sy ma gebel om haar die nuus mee te deel en sedertdien gons dit om haar huis soos inwoners van Wrenchville haar geluk wens en saam met haar bly is. Ma Grace sê haar seun verdien dit, want hy het hard gewerk en sy hoop hy sal ook daarmee gelukkig wees.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|