Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Kerk hou Bybel-ete
’n Bybelse ete word môre deur die kerkraad van die NG Moedergemeente Kuruman in die kerksaal gehou in ’n poging om geld vir Bybelverspreiding in te samel. Gasvroue gaan die tafels dek volgens die tema van ’n Bybelboek. Om meer atmosfeer aan die aand te gee kan die gaste besluit of hulle wil aantrek soos in die Bybelse tyd. Volgens een van die organiseerders van die aand is daar pryse (uit die gemeente) vir oorspronklikheid. Die spyskaart is ook so opgestel dat die geregte met die Bybelse tyd geassosieer kan word. Tussendeur die gange van die ete sal vermaak verskaf word met sangnommers deur mev. Doret Olivier en die Manne, ’n dansie en ’n toepaslike voorlesing deur mev. Wilmien Wiid. Die organiseerder van die ete sê dat dit ’n heel gepaste manier is om die Pinksterfees mee af te sluit. Etes was ’n baie belangrike sosiale geleentheid juis omdat die hele gesin rustig langs die kostafel kon ontspan. Die etes van daardie tyd was baie eenvoudig, maar met ’n feesmaal was dit anders. Daar was selfs musiek en ander soorte vermaak soos danse en vertellings. Met die Pinksterfees wil elke Christen soos Christene van vroeër geesdriftig getuig van Jesus se liefde en mededeelsaamheid met mekaar. ’n Paar kaartjies is nog oor wat by die kerkkantoor te kry is – skakel 053-712-0657.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|