Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Die Oog rede vir dorp se ontstaan
Fonteinstraat is die straat wat verby Die Oog aan die oostekant opswaai. Die Oog, die Ga-Segonyane, word aangehaal as die plek van die klein kalbassie. Die twee Tswana-kenners wyle Jannie Pretorius en Nick Markram se verduideliking was dit beteken die groot een, nie die kleintjie nie. Die kleintjie verwys waarskynlik na die Tweede Oog. Daar word altyd na Kuruman verwys as die dorp met die fontein, die bron. Die sinode van Phororo, die ou Noord-Kaapse streeksinode van die NG kerk in Afrika, se naam verwys na Die Oog. A.P. Smith se Wateroog in die Dorsland is die aanhef tot die kerkgeskiedenis, Die NG kerk Kuruman se halfeeu-gedenkboek. Moffat se idee was Kuruman as oase of die basis waarvandaan die evangelie na die Noorde uitgedra word. Die Oog is die eerste keer bekend gestel deur Samuel Daniel, die sekretaris van die Truter Summerville-ekspedisie van 1801. Mary Moffat (1820) het die helder kristalwater wat uit die groot grot gestroom het, beskryf. Kniediep het sy in die water gestaan. In 1915 in die Suidwes-veldtog het Die Oog se water met die Kurumanrivier tot by Tseneng, 60 km van Kuruman af, gevloei. Die besproeiingskema (1919) het die dorp se ontwikkeling ’n hupstoot gegee. Die Oog lewer tot 20 miljoen liter water per dag. Ene mnr. Cronje, wat destyds ’n onderwyser was, het daarvan melding gemaak dat indien Die Oog ’n val van 10 m sou hê Kuruman oor sy eie hidroëlektriese skema sou beskik. Die Oog is die hoofbron van water en die dorp het sy ontstaan hieraan te danke. Dit is noodwendig dat die oorbenutting van die water tot die verval van die besproeiingskema sou lei. Vandaar die debat oor die verval van die kanale. In die Tweede Vryheidsoorlog was Die Oog se water belangrik vir Fort Brown en Denyson. Veldkornet Wessels het Die Oog beset en die twee forte moes tydens die Beleg van Kuruman ontruim word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|