Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Troeteldiereienaars moet waak teen vetsug
May 15 2008 03:51:01:490PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vetsug is die grootste gesondheidskwessie wat troeteldiere in die gesig staar en kan as ’n vorm van mishandeling beskou word, volgens afgevaardigdes by ’n internasionale konferensie wat onlangs in Londen gehou is.

Dr. Guy Fyvie, ’n plaaslike veearts wat die konferensie op uitnodiging bygewoon het, het gewaarsku: “Vetsug onder troeteldiere in Suid-Afrika is by ’n soortgelyke krisisvlak.”

“Meer as die helfte (55%) van veeartse by die konferensie het gesê hulle weet van ’n troeteldier wat uitgesit moes word – óf omdat dit aan ’n vetsugverwante siekte gely het of omdat dit te vet vir roetine- chirurgie was.

“ ’n Vroeëre studie het getoon dat die lewensverwagting van ’n oorgewig hond met minstens twee jaar verkort word (wat gelyk is aan ’n inkorting van lewensverwagting in mense van omtrent 15 jaar). “ ’n Oorgewig dier loop ’n hoër risiko om ander ernstige siektes soos diabetes, hartsiekte en kanker op te doen wat hul lewe letterlik met jare kan verkort,” het Fyvie gesê.

“Die ekstra gewig kan ook artritis en probleme met beweeglikheid veroorsaak wat baie pynlik kan wees.”

Die konferensie oor die vetsugepidemie onder troeteldiere het veeartse, spesialiste in mens- en dier-obesiteit, asook verteenwoordigers van dierewelsynsorganisasies byeengebring in ’n poging om die oorsake en gevolge van die “epidemie” te ondersoek en strategieë uit te werk om troeteldiere op die pad na beter gesondheid te plaas.

Die konsensus was dat oorvoering die grootste oorsaak van die probleem was, met 95% van die afgevaardigdes wat saamgestem het dat eienaars nie in staat is om hul troeteldier se optimum-gewig akkuraat te bepaal nie, en dat eienaars die gesondheidsprobleme onderskat wat deur te veel kos veroorsaak word.

Die eienaar se gewig is as ’n kompliserende faktor geïdentifiseer, met 80% van afgevaardigdes wat erken het dat hulle huiwerig was om oor vetsug en die gevare daaraan verbonde te praat omdat eienaars oor hul eie gewig aanstoot kon neem.

Daar was ’n entoesiastiese reaksie op die voorstel dat dokters en veeartse saam moet werk om ’n program te ontwikkel om vetsug onder mense en diere te bekamp.

“Die data uit die PPET-studie2 het bevestig dat as ’n eienaar en ’n troeteldier saam ’n dieet- en oefenprogram aanpak, albei daaruit voordeel kan trek,” het Nick Blayney, president van die Britse veeartsenykundige vereniging, gesê.

Konsensus is bereik dat alle troeteldiere met hul volgende besoek aan die veearts geweeg moes word en dat die eienaar bewus gemaak moet word van wat dié troeteldier se ideale gewig moet wees.

Die konferensie het ’n beroep op veeartse in die streek gedoen om ’n oopdeurbeleid te aanvaar waar eienaars hul diere enige tyd kan bring om gratis geweeg te word.

“In Suid-Afrika is ons dalk een stap voor ons Europese kollegas,” het Fyvie gesê. “Daar is meer as 200 klinieke landwyd wat ’n gewigsbestuurprogram vir hul oorgewig diere aanbied.

“Bekommerde eienaars moet eenvoudig hul veearts vra vir ’n objektiewe beoordeling van hul troeteldier se gewig.”

Vir meer inligting oor ’n gratis weegsessie kan jy met jou veearts gesels.

Jy kan ook ’n e-pos aan info@hillspet.co.za stuur of die Hill’s Pet Nutrition-hulplyn tolvry by 0800-228-783 bel om ’n plaaslike veearts te vind wat aan die Hill’s troeteldierverslankingsprogram deelneem.


Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer