Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Laerskole ding in sport mee
Die Laerskool Seodin het verlede Donderdag teen die Laerskool Kuruman rugby en netbal op Seodinpark gespeel. Dit was die eerste keer sedert 1999 dat dié twee skole weer rugby en netbal teen mekaar gespeel het, aangesien die Laerskool Kuruman sedert 2000 in die B-liga deelgeneem het en vanjaar besluit het om hom weer in die A-liga in te skryf. Seodin se netbalspanne het oortuigend gewen: o.13A wen 30 - 7, o.13B wen 23 - 3, o.13C wen 6 - 4, o.13D wen 8 - 3, o.11A wen 11 - 1, o.11B wen 9 - 1, o.10A wen 6 - 0 en o.9A wen 6 - 3. Met die rugbyspanne van Seodin het dit ook baie goed gegaan. Hulle het al drie wedstryde gewen: o.9A wen 35 - 0, o.11A wen 32 - 10 en o.13A wen 22 - 10 Mnr. Adriaan Laubser, sportorganiseerder van Seodin, sê die middag is gekenmerk deur goeie spel en sportmangees, op die netbalbaan, sowel as op die rugbyveld.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|