Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Konsert wag op finaliste
May 15 2008 03:50:53:960PM  - (SA)  
Annerie Louw



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kuruman Bulletin soek ’n wenner vir die streek. Die oudisie vind vanmiddag van 16:00 in die Booysen-lokaal van die Laerskool Seodin plaas.

Dis nou of nooit nie om te kom sing en perform. Inskrywings is gratis. Geen vooraf registrasie is nodig nie.

Daag net by die oudisie op, en registreer jou daar.

Met die aankondiging van die wenner word tien finaliste uit die streek ook aangekondig wat gaan optree in ’n eie Spontaan-konsert wat op Kuruman gehou gaan word.

Die datum van die konsert is 4 Junie in die Laerskool Seodin se skoolsaal. Die wenner en die 10 finaliste sal net ná die uitdunronde aangekondig word.

Is jy die streekwenner wat gaan deel in die meer as R170 000 in pryse en borgskappe wat op die spel is?

Ons soek iemand wat nie net mooi kan sing nie, maar wat ook die verhoogpersoonlikheid het om te kan perform.

Miskien is jy een van 12 streekwenners wat op 11 en 12 Julie op die Volksblad-kunstefees gaan meeding om een van die drie topplekke.

Lieflike pryse – insluitend ’n Nintendo Wii, ’n beurs, ’n demo-CD, ’n bestuurskontrak, geskenkpakke, verblyf, kontant, braaiers, ’n selfoon en geskenkbewyse – is op die spel.

Moenie bang wees om te kom probeer nie. Miskien het jy daardie x-faktor wat van jou ’n ster kan maak.

Volksblad se gemeenskapskoerante in die Vrystaat en Noord-Kaap bied vanjaar die sewende keer die gewilde sangkompetise aan, en vanjaar is Spontaan nog groter.

Die 12 streekwenners gaan verder kompeteer in die Bloem-Plaza en op die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein op 11 en 12 Julie.

Indien jy as ’n streekwenner aangewys word vir een van die koerante moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry.

Elke deelnemer kry ’n kans om een of twee liedjies in die eindronde te sing en die wenner lewer daarna ’n verdere drie liedjies.

Die kompetisie is slegs vir soliste.

Deelnemers moet 16 jaar of ouer wees op 1 Julie 2008.

Vir die streekkompetisies kan deelnemers enige liedjie van hul eie keuse, in enige genre, a cappella (sonder enige backtracks of begeleiding) sing.

Kom neem deel en word ’n wenner vir die streek of een van die tien finaliste vir die gemeenskapskonsert.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer