Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Black Rock trots op sy karatekas
May 15 2008 03:50:53:363PM  - (SA)  
Annerie Louw



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die gemeenskap van Black Rock is trots op sy karateklub se prestasie.

Nege van die karatekas is vir die Suid-Afrikaanse span gekies om hierdie jaar aan National Martial Arts- (NMA) kampioenskapsbyeenkoms in Orlando, Amerika, deel te neem.

Om in die Suid-Afrikaanse span opgeneem te word, moet jy onder die eerste drie plekke eindig en op ’n sekere peil in jou ouderdomskategorie wees.

Die NMA se bestuur kies die span en bepaal die standaard.

’n Karateka kan ’n eerste plek behaal, maar moet op peil wees voordat hy die span sal haal.

Pretorius sê met sy vorige besoek in 2006 aan die kampioenskapsbyeenkoms in Orlando was daar ongeveer 4 000 karatekas wat op die 38 vloere van die Disney-saal deelgeneem het.

Hy beplan om elke dag twee uur aan die afrigting van sy span van 15 te bestee.

Die ander spanlede is van die Kathuklub waar Pretorius ook afrigting gee.

Hy verwag ten minste drie trofeë van Black Rock se spannetjie. Pretorius sê daar is ongeveer 50 deelnemers in ’n kategorie wat almal vir hul land deelneem en dat ’n eerste plek beteken dat jy ’n wêreldkampioen in jou kategorie is. Volgens hom verseker deelname aan hierdie kompetisie dat die kinders met ten minste 30% groei in die sport.

Pretorius se klub het al drie wêreldkampioene opgelewer.

’n Fondsinsamelingsprojek wat deur mnre. Jan Nel, ingenieur, en Hennie Wessels, voorsitter van die Laerskool Black Rock, ondersteun is, het R164 500 ingesamel.

Die span se koste vir die 14 dae beloop R182 000. Geld is ingesamel van kontrakteurs van die myn en ander mense en die tjek en sakgeld vir elke spanlid is tydens ’n spesiale middagete aan die span oorhandig.

Nel het die span gelukgewens en voorspoed toegewens met ’n spesiale versoek dat hulle die klub, die skool en die myn se naam hoog moet hou.

Mnr. Johnny Hollenbach, voorsitter van die karateklub, het hulle dank teenoor die myn en skenkers uitgespreek.

AJ le Roux, een van die karatekas, sê: “Ek sien baie uit om te gaan en is nie bang nie. Ek weet ons gaan so skuins oor Afrika tot by Suid-Amerika vlieg.” Die ander lede sien veral uit na die vooruitsig om Disney World-pretpark en Water World-pretpark te besoek.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer