Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Boere vra vir sluiting van pad
Omdat asbesverwante siektes steeds slagoffers eis, het boere in die omgewing van die ou asbesmyn besluit om die grondpad verby hul plase te laat sluit. Stukkies asbesvesel lê oral op die pad soos dit deur verlede week se reën oopgespoel is. Sowat 12 km buite Kuruman, op die Kathupad regoor Red Sands, draai die grondpad na regs. Die pad loop verby Asbes en Wandrag en sluit by die Hotazelpad aan, wat meebring dat vragmotors ook die pad gebruik. Mnr. Rassie Erasmus van die plaas Farholdt, wat langs die pad geleë is, sê die boere het die Kgalagadi-distriksmunisipaliteit sowat twee jaar gelede gevra om die pad te sluit. Wanneer vragmotors en ander voertuie op die pad ry, word stof opgejaag, wat meebring dat die asbesvesels die lug in dwarrel. As dit deur die wind geskep word, kan dit tot 80 km ver waai. Asbes wat ingeasem word, veroorsaak die dodelike siektes asbestose en mesotelioom, en in die geval van rokers verhoog dit die kans om longkanker te ontwikkel met 50 keer. Kuruman was vroeër die belangrikste asbesproduksiegebied in die land en baie mense sterf hier weens asbesverwante siektes. Asbes is onlangs in al sy vorms deur wetgewing verbied nadat asbesproduksie reeds in die jare negentig gestaak is. Volgens Erasmus het die distriksmunisipaliteit voorgestel dat die pad geteer word, aangesien ’n gedeelte van Hotazel se kant af reeds geteer is. Die boere wil egter nie hê dat die pad geteer moet word nie, omdat hulle bekommerd is oor die toenemende verkeer wat vesels langs die pad sal laat opwaai. Hulle wil daarom hê die pad moet gesluit word. Mnr. Ben Olivier, bestuurder: tegniese dienste van die Kgalagadi-distriksmunisipaliteit, sê dat die versoek van Erasmus reeds vir goedkeuring voorgelê is. Dit is ongelukkig ’n stadige proses wat meer mense se handtekening vereis. Die aansoek is aan die department van vervoer voorgelê. Om ’n pad te sluit moet dit eers in die Staatskoerant gepubliseer word en besware van ander mense oor die toemaak van die pad moet in ag geneem en op meriete gehanteer word. Hy verduidelik dat daar van die Hotazelpad wat na Wandrag lei, reeds ’n deel gerehabiliteer is en dat nog 4 km na die radiotorings van onder meer Eskom en Telkom reeds gebou is. Die seëllaag behoort teen die einde van Julie klaar te wees. Olivier sê dat hy wel aansoek gedoen het om die pad tydelik vir konstruksiedoeleindes te sluit. Olivier sê ook dat hulle geensins onverskillig staan teenoor die tragiese gevolge van asbes nie. Hy is veral bekommerd oor die 40 skole in die omgewing waar asbes op die terrein geïdentifiseer is. Om dit te rehabiliteer is vir hulle ’n voorkeursaak, maar hulle benodig die samewerking van die betrokke departemente.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|