Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Rowland Ward hersien sy rekordboek
Mar 17 2008 02:19:48:697PM  - (SA)  
Verslaggewer



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Rowland Ward, die onderneming wat bekend is as die gesagliggaam wat trofeejag betref, is in die proses om sy rekordboek te hersien. Dié rekordboek is ’n ongeëwenaarde 117 jaar oud.

Mnr. Richard Flack, Rowland Ward se direkteur van bemarking en verkope, het einde verlede maand sowat 250 lede en gaste van die Vrystaatse Jagters- en Wildbewaringsvereniging toegespreek.

Van die insiggewende wysigings wat die raad van direkteure van Rowland Ward voorgestel het vir implementering met die 2010-uitgawe van die Trofeeboek, is onder meer dat vroulike diere uitgesluit word en die jag van ou, manlike diere wat buite hul teelsiklus is, aangemoedig word.

Daar word ook aanbeveel dat jagters wat ’n trofee wil inskryf vir rekorddoeleindes, ’n verklaring sal teken om aan te dui hoe die trofee verkry is en dat die jag binne etiese norme geskied het.

Die doel met die Trofeeboek was nooit bedoel om rekords daar te stel om die grootste en beste van die diere te bepaal nie. Dit was ook nie bedoel om die jagter te verheerlik nie.

Die Trofeeboek erken die dier, ongeag of die dier se horings en tande in die veld opgetel is, aan natuurlike oorsake gesterf het, prooi was van roofdiere of deur ’n jagter geskiet is.

Volgens mnr. Roelof Fourie, voorsitter van die Bloemfontein-tak van die Vrystaatse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, dien die boek dus as uitstekende objektiewe bewaringsinstrument en is dit ’n ryke bron van inligting aangaande die distribusie van wild en dien ook as historiese, geografiese en biologiese rekord van wild wat min ander bronne kan navolg.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer