Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Vrystaters vaar goed in NWKV-kompetisie
Mar 17 2008 02:19:49:290PM  - (SA)  
Dirk Kok



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Twee Vrystaatse boere het op die nasionale vagkompetisie vir SA vleismerino’s uitgeblink.

Mnr. Whellan Simkin van Bellevue, Dewetsdorp, het die beste groep van drie vagte gehad in dié jaarlikse kompetisie van die NWKV (Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika) wat vroeër vandeesmaand op die Heidelberg-skou aangebied is.

Mnr. Jan van Biljon van Niekerksrus, Viljoenskroon, het met ’n derde prys in die afdeling vir ramvag weggestap.

Mnre. Buks en Koos de Wet van Allemanskraal, Graaff-Reinet, het die beste ooivag gehad, die tweede plek het aan mnr. Johan Strauss van Platberg, Calvinia, gegaan en die derde plek aan die land se jongste SA vleismerino-teler, mnr. Adriaan Geldenhuys (18), van Geldiaan-trust, Riversdal.

Hugo Wiehahn & Seuns van Tussenbeide, Caledon, het die beste ramvag gehad en die jong Geldenhuys was tweede in dié afdeling. Hugo Wiehahn en Seuns het die meeste punte gekry.

Volgens die twee beoordelaars, mnre. Robert Scott, bestuurder: wolbemarking van BKB in Kaapstad, en Jan-Louis Venter van die NWKV en wolproduksieraadgewer in Bloemfontein, was die gehalte van die vagte deurgaans goed.

Die kompetisie is deur BKB en Heiniger geborg.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer