Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Rekord spat op produksieveiling op Smithfield
SMITHFIELD – Met ’n produksieveilingomset wat net onder R1 miljoen gedraai het en uitsonderlike hoë pryse wat vir sy ramme betaal is, het mnr. Eddie Prinsloo van Heuningkrans merino’s verlede week sy eie Suid-Afrikaanse rekord laat spat. Prinsloo het verlede jaar die hoogste gemiddelde prys nóg vir ’n enkele verkoper op ’n produksieveiling behaal (R7 300). Verlede week was die gemiddelde prys vir 84 ramme wat onder die hamer gekom het R8 643. Die hoogste pryse was vir twee ramme wat albei vir R40 000 verkoop is. ’n Poenskopram is vir R25 000 verkoop. Met die verkoop van al 84 ramme op die veiling het Prinsloo ook sy trotse rekord van 100%-verkope op sy produksieveilings gestand gedoen. Dit het ook met die ooiveiling baie goed gegaan. Die gemiddelde prys vir ooie was R1 053 en vir ooilammers R575. ’n Poenskopram van Prinsloo het op die onlangse Triton-poenskopveiling in Caledon die hoogste prys (R16 500) behaal. Mnr. J.J. van der Watt, afslaer van BKB, het die rekordveiling toegeskryf aan ’n uitstekende wolmark en goeie gehalte-diere op die veiling. “Wol is 35% duurder as verlede jaar en die pyplyn is leeg met ’n wolvoorraad van 2%. Eddie het diere wat nie sukkel om te verkoop nie. Mense kom van oor die hele land heen om by hom te koop.” Prinsloo is lid van ’n pas gestigte forum van wenners van Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar-kompetisie wat wil help om die land ’n wêreldleier in agribesigheid te maak. Dié groep wil as gesaghebbendes onafhanklik van die politiek leiding gee, onder meer aan die departement van landbou en landbou-unies. Hulle wil hul kennis en ervaring aanbied om oplossings vir probleme te help kry en ook om as klankbord en mentors te dien.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|