Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Agentskap moet gehalte van melk en ander suiwelprodukte verbeter
Mar 17 2008 02:19:45:010PM  - (SA)  
Vida Booysen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die gehalte van gepasteuriseerde, verpakte melk in Suid-Afrika het die afgelope vier jaar heelwat verbeter, sê me. Ina Jordaan, besturende direkteur van die Suiwelstandaarde-agentskap (DSA).

Dié agentskap is deur die suiwelbedryf ingestel om die gehalte van melk en ander suiwelprodukte te verbeter. Die DSA moet ook ’n waaksame ogie hou oor suiwelprodukte, wat aan die publiek verkoop word, se voldoening aan wetlike vereistes.

Die DSA toets vier soorte melk wat op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is, naamlik gepasteuriseerde, verpakte melk, gepasteuriseerde grootmaatmelk, verpakte roumelk en roumelk wat in grootmaat verkoop word. Dit is veral in die laaste twee kategorieë waar gesondheidsgevare skuil.

“Ons groot bekommernis is oor die gehalte van melk in tenks en die DSA stel nou ’n program in waarmee standaarde vir roumelk wat aan die publiek verkoop word, ingestel kan word,” sê Jordaan.

Omdat melk deur verskeie prosesse gaan voordat dit by die verbruiker uitkom, toets die DSA die veiligheid daarvan oor die hele prokusieketting, van die melkery op die plaas, die tenks waarin melk vervoer word, die fabrieke waar dit verpak word en die plekke waar dit verkoop word. Volgens Jordaan is dié toetse objektief en onafhanklik en word die resultate vertroulik gehanteer.

Die Suiwelstandaarde-agentskap is nie ’n statutêre liggaam nie en speel ’n koördinerende rol tussen die verskillende instansies soos plaaslike owerhede en die departement van landbou wat melk reguleer.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer