Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
VL-regspan doen nou stappe
Vrystaat Landbou (VL) is ontevrede met die regering se reaksie op ’n ultimatum om te sê hoe hy boere op die Lesotho-grens teen misdaad gaan beskerm en het sy regsspan opdrag gegee om spoedig met verdere stappe teen die regering te begin. VL en sy regsspan, onder wie adv. George Bizos, die veteraanstryder vir menseregte, het ministers, Vrystaatse regeringsleiers en staats?departemente onlangs ’n laaste 14 dae gegee om te sê hoe hulle boere langs die Lesotho-grens gaan beskerm. As die regering nie die kans gebruik nie, sal VL nie anders kan nie as om hom tot die grondwethof te wend om die regering te verplig om boere op die grens te beskerm, het VL ten tyde van hierdie ultimatum gesê. Die twee weke is verby en slegs die Vrystaatse premier, mev. Beatrice Marshoff, en die departement van binnelandse sake het nog geantwoord. Volksblad verneem Marshoff het soos in haar wetgewerrepliek op haar provinsiale rede, gesê boere op die grens hoef nie onrustig te slaap nie. Werk word op die grens gemaak van die bekamping van misdaad en sukses word bereik. Die departement van binnelandse sake het gesê hy is eersdaags deel van ’n vergadering oor sake op die Lesotho-grens. Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van VL, sê georganiseerde landbou en boere stem beslis nie saam dat genoeg op die grens gedoen word nie. Die afgelope tyd is ’n boer by Ladybrand en ’n plaaswerker by Clarens op plase aangeval. In ’n kort tydjie is ook beeste van R900 000 tussen Clarens en Fouriesburg gesteel. “Hoe slaap ons rustig?” vra Vermeulen. Hy sê die vergadering waarna binnelandse sake verwys, is ’n werksessie op 10 Maart om te gesels oor hoe boere van die Bergkonin?kryk ekonomies gehelp kan word. “Dit het niks met misdaad te doen nie.” Vermeulen sê: “VL se regspan is gevra om, binne die wetlike raamwerk, gou verder op te tree.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|