Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

VL wil met ANC-leierskap oor toekoms om tafel sit
Mar 17 2008 02:19:43:570PM  - (SA)  
Dirk Kok



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vrystaat Landbou (VL) gaan, soos sy moederliggaam Agri SA, met die politieke leiers oor die toekoms van landbou om die tafel sit.

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van VL, sê VL gaan met die provinsie se ANC-leierskap, tesame met verteenwoordigers van die nasionale leierskap van die ANC, gesprekke voer.

“Op die pas afgelope dag- en uitvoerende bestuursvergadering van VL is die ANC se Polokwane-resolusie oor ekonomiese transformasie, landelike ontwikkeling en hoe dit landbou raak, bespreek.

“ ’n Besluit is geneem om dringend op nasionale vlak, deur Agri SA se strukture, en met die provinsie se beleidmakers, in gesprek te tree oor die beleid en die vertolking daarvan.” Hy sê kommer heers oor die volhoubaarheid van die beleid en of dit werklik armoede gaan verlig. “Vrystaat Landbou sal hom ná die gesprekke verder vir leiding aan sy lede moet posisioneer.”

Hy sê ANC-leiers in die provinsie het hulle bereid verklaar om ’n provinsiale gesprek te help reël.

Mnr. Lourie Bosman, president van Agri SA, het vroeër vandeesmaand op ’n boeredag op Philippolis gesê Agri SA gaan eersdaags met mnr. Jacob Zuma, ANC-president, en die ander vyf nuwe hoofleiers in die ANC praat oor samewerking in die veranderende politieke arena en in die toekoms. “Dit blyk daar is ’n gees van welwillendheid onder die nuwe leiers.”

Vermeulen sê VL gaan in die toekoms ook nou met landbou-ondernemings se ekonome en universiteite saamwerk om regstreekse leiding oor ekonomiese werklikhede aan sy lede te kan gee. “Ons wil hulle 100% op die hoogte hou van wat in die landbou en die plaaslike en internasionale markte aan die gebeur is en aan hulle leiding gee oor hoe om hulle te posisioneer.”

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer