Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Boere waarsku teen nóg ’n melktekort
Leierboere in die suiwelbedryf het op die pas afgelope Afrika-suiwelekspo in die Vrystaat weer hul kommer oor lae marges in die suiwelbedryf uitgespreek en teen nóg ’n melktekort gewaarsku. Mnr. Koos Pienaar, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat, sê voerkoste plaas melkprodusente se marges onder druk en melkboere verlaat steeds die bedryf. “Huidige melkpryse vir produsente en verhoogde voerkoste gaan in die komende maande tot nóg ’n tekort aan melk lei.” Pienaar sê die prys wat boere ná vervoerkoste kry (sowat R2,95 per liter) is te min om produsente in die bedryf te hou. “Invoerpariteit is oor die R4 per liter. Verbruikers betaal tot R9 per liter en produsente bly, met enkele uitsonderings, onder die vlakke van R3 per liter. “Produsentepryse behoort nader aan invoerpariteit te beweeg ten einde melkboere op hul plase te hou. Dieselpryse en arbeidskoste, wat gereguleerde koste is, styg voortdurend en arbeid word ’n probleem in die bedryf.” Pienaar sê Vrystaatse melkboere wil hê alle betrokkenes in die waardeketting moet kennis neem van die probleme. “Die grondstofbron moet beskerm word. Die Vrystaat kan nie bekostig dat melkboere die provinsie verlaat nie.” Hy sê op die Vrystaat-suiwelkongres wat op 24 Julie by Aldam gehou word, sal ernstig oor melkboere se penarie gepraat word. “Ek glo daar moet ’n meer deursigtige produsenteprys wees. Dit is onaanvaarbaar dat sekere kopers in die Vrystaat hul boere tot so min as R2,40 per liter betaal. “Dit is blatante uitbuiting van die vrye mark en die ondergrawing van vryemarkbeginsels. Die nuwe verhandelingsbeurs wat in die vooruitsig gestel word, gaan ook op die kongres bespreek word, sê hy.” Pienaar sê gesprekke gaan ook met insetverskaffers gevoer word om hul kundigheid in te span vir ’n lonender bedryf.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|