Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

SVOK op die been gebring om opkomende boere te help
Mar 17 2008 02:19:42:430PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

verslaggewer

Die Sagtevrugte-produsentetrust (SPT) het ’n ontwikkelingskamer op die been gebring om opkomende boere te help en hulle volwaardig deel van bestaande bedryfstrukture te kry.

Een Vrystater, mev. Justina Mohali van Ficksburg, en drie Noord-Kapenaars, mnre. Albie Adams en Nelie Kok, albei van Keimoes, en Xeliwe Mathe van Riemvasmaak, sal hulle saam met leiers van ander provinsies hiervoor beywer, luidens die SPT en sy nuwe Sagtevrugte-ontwikkelingskamer (SVOK) in ’n verklaring. Die SPT sê hy wil opkomende boere help inskakel by bestaande bedryfstrukture vir sinvolle en volhoubare boerdery.

Opkomende boere sal streeksgewys georganiseer word vir voldoende verteenwoordiging op ’n nasionale bedryfsvlak.

“Die hoofdoel van SVOK is om as ondersteuningsraamwerk vir opkomende sagtevrugte-produsente te dien en om meganismes te ontwikkel om opkomende boere suksesvol in gevestigde bedryfstrukture te laat inskakel. Hulle sal ook gehelp word om die kundigheidsgaping te oorbrug wat tussen kommersiële en opkomende boere bestaan.”

Die SPT sal sekretariële en finansiële ondersteuning en dienste aan die SVOK lewer.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer