Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Voormalige eienaars moet begunstigdes help
Grondhervorming kan slegs suksesvol wees as die voormalige eienaars van betrokke plase opkomende boere se hande vat en hulle touwys maak, sê mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL). Die Grond- en Landbouhervormingsprogram (LARP) in die provinsie is die naweek op die plaas Tussenvier, sowat 30 km oos van Bloemfontein, bekend gestel. Die Maile-familie en Plaatjies-gesin is deur die regering as begunstigdes van dié plaas benoem, nadat dit vir R1,6 miljoen gekoop is. Tussenvier is byna 600 ha groot. Vermeulen sê dié plaas “lyk só goed” omdat die voormalige eienaar, mnr. Jurgens du Plessis van Bloemfontein, as ’n mentor hier optree. Volgens Du Plessis kom hy nog drie keer ’n week na die plaas om te kyk dat dinge reg verloop. Hy het ook, met voorwaardes, geld en van sy toerusting beskikbaar gestel dat mielies op die plaas geplant kan word. Mnr. Petrus Maile, wat op Tussenvier woon, sê die voormalige eienaar van dié plaas help hulle baie. Du Plessis sê egter boere moet vir hul mentorskap vergoed word. Vermeulen sê sowat 2km van Tussenvier is die Mieliespruit-plaas, wat ook deel uitmaak van die regering se grondhervormingsprogram. Volgens hom het dié plaas erg onder diefstal deurgeloop en die grond word al vir meer as ’n jaar nie bewerk nie. “Dit lyk sleg.” Volgens hom is daar slegs een opsigter op die plaas. “Betrek die kommersiële boere by die projek. “Hulle sal die grond gaan bewerk,” sê Vermeulen. Mev. Mamiki Qabathe, Vrystaatse LUR vir landbou, sê daar is “swak punte in terme van mentorskap” wat grondhervorming in die Vrystaat betref. Volgens haar is dit dus belangrik dat die departement van landbou in die provinsie nou met die VL en die National Farmers Union (Nafu) saamwerk. Me. Lulu Xingwana, minister van landbou en grondsake, het Saterdag op die bekendstelling gesê vanjaar sal die regering ook daarop fokus om ondersteuning aan begunstigdes van herverspreide grond te bied, om te verseker dat dit produktief en volhoubaar gebruik word. “Ons het uit onlangse grondhervormingsprojekte, wat misluk het of dreig om te misluk, geleer om nie net op grondverkryging en -herverspreiding te fokus nie, maar dat ondersteuning aan opkomende boere gebied moet word, sê Xingwana. ) Xingwana het op die bekendstelling van LARP in die Vrystaat gesê die hoofdoel van dié projek is om 5 miljoen ha landbougrond in wit besit teen einde volgende jaar aan 10 000 nuwe landbouprodusente oor te dra. Sy het gesê die regering se teiken is om teen 2014 30% grond in swart hande te kry. Vermeulen sê volgens statistieke van die Sannaspos-boerevereniging is 32,5% van grond in dié gebied, wat Tussenvier insluit, reeds in swart besit. “Die regering se mikpunt is hier reeds bereik.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|