Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Egpaar kry borgtog
’n Gesiene sakeman en wildboer van Bethlehem en sy vrou het in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie verskyn. Mnr. Johan Appelgryn (46) en sy vrou, Azetta (45), direkteure van die maatskappy Expectra 391 (Pty) Ltd, wat as Maluti Steel and Pipe handel dryf, het Dinsdag voor landdros Piet Bester op 42 aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie verskyn. Mnr. Koenie Pieterse van die eenheid teen gespesialiseerde handelsmisdaad van die kantoor van die direkteur van openbare vervolging sê die egpaar staan op 38 aanklagte van bedrog van R5 700 670,40 tereg. Maluti Steel and Pipe het na bewering gedurende 2002 en 2004 staal aan SA Truck Bodies voorsien. Hulle het na bewering voorgegee dat sekere hoeveelhede staal gelewer is waarvoor SA Truck Bodies soos per faktuur betaal het. Nie alle staal is na bewering gelewer nie. Die diefstalklag hou verband met staal van R96 192,26 wat na bewering tussen Julie 2003 en November 2003 naby Isando in die streekafdeling Gauteng wederregtelik en opsetlik van SA Truck Bodies en/of Baldwins gesteel is. Appelgryn het na bewering tussen 2002 tot en met 26 April 2006 mnr. Kobus Lindique, die destydse aankoper van SA Truck Bodies, R160 000 betaal om hom om te koop om hulle te help om die bedrog te pleeg. Volgens hofstukke moes Lindique gereeld ’n lys van staalprodukte wat SA Truck Bodies nodig gehad het, vir Appelgryn gee. Hy moes ook pryse, wat Mac Steel verskaf het, aan hom gee. Daarvolgens het hy sy pryse aangepas om die laagste pryse te verskaf vir die staal wat SA Truck Bodies nodig het. Mnr. Nico Naudé, hul prokureur, sê die bewerings het in ’n ondersoek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan die lig gekom nadat sy kliënte SA Truck Bodies sivielregtelik aangekla het weens uitstaande skuld. Hy sê die staat skilder ’n baie swarter prentjie as wat die ware toedrag van sake is. Bester sê die Appelgryns het bewys dat dit nie tot nadeel van geregtigheid is dat hulle op borgtog vrygelaat word nie. Hy sê hulle het self by die hof opgedaag soos hulle deur die ondersoekbeampte, insp. Jaco Coetzee van die polisie se eenheid teen handelsmisdaad, gevra is om te doen. Borgtog van R30 000 elk is toegestaan op voorwaarde dat hulle hul nie met die ondersoek inmeng, staatsgetuies beïnvloed of hulle kontak nie. Die egpaar moet op 6 Junie in die Bloemfonteinse streekhof verskyn wanneer ’n datum vir die verhoor bepaal sal word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|