Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Dié Epic vra vasbyt
May 07 2008 03:01:44:873PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Met 15 pap bande en gebreke op hul tandem wat hul deursettingsvermoë, frustrasie, moedeloosheid, vasberadenheid en vasbyt tot die uiterste beproef het, het Koos en Madeleine Pieterse van Bethlehem hul tweede Cape Epic voltooi.

Die proloog of individuele tydtoets oor 17 km aan die begin van die wedren, het baie tegniese aspekte ingesluit wat dit vir ’n tandem nogal moeilik gemaak het. Hier moes die Pieterse-egpaar deur die Knysnabos op ’n enkelvoetpaadjie met haarnaalddraaie tussen die plantasies deurry. Dit was nogal ’n ondervinding omdat die proloog absoluut oor tyd gaan.

Die werklike toets het die volgende dag begin met die 132 km wat afgelê moes word. Die egpaar het op die derde skof probleme begin kry. Die een skof ná Swellendam het hulle weens ’n tegniese probleem die afsnytyd met 14 sekondes gemaak.

Vir albei was vanjaar se Epic beslis die hardste en moeilikste.

Nie net was die roetes wat gewissel het van 122 ’n km tot 146 km moeilik, tegnies en lank nie, maar het die ongelooflike hitte ook ’n rol gespeel.

“Om as Cape Epic-voltooier uit die stryd te tree in ag geneem die afstande, roetes, meganiese probleme en weerstoestande, was dit ’n emosionele hoogtepunt. Mededeelnemers en beamptes het ons baie ondersteun. Ons uitslae is nie wat ons in gedagte gehad het nie, maar ons is dankbaar dat ons die Epic sonder enige beserings kon voltooi,” sê Koos.

Vir die twee is dit nog debatteerbaar of hulle volgende jaar weer gaan deelneem. Wie weet, miskien tree hulle weer volgende jaar aan, mits hulle ’n inskrywing kry en die geld daarvoor sal hê!

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer