Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Bergfietsresies ’n sukses
Nadat die roete oor 6km maande lank vooraf uitgelê, skoongemaak en beproef is, is ’n uiters geslaagde bergfietsresies verlede Saterdag op Wolhuterskop gehou. Plaaslike maatskappye het ruim geborg en verseker die wedren was ’n sukses vir fietsryers op Bethlehem en omliggende dorpe. Twee wedrenne het gelyktydig op een baan plaasgevind. Die twee uur lange wedren het jong talent opgelewer met die span van Nicholas Engelbrect en DG Gerber wat die meeste rondes kon voltooi in die twee uur lange resies vir juniors. Saam het hulle ses rondes in twee uur 11 minute en 41 sekondes afgelê. Deelnemers in die sesuur-resies moes van die begin af met die Springbokpaar Jaco en Arno du Toit van Ficksburg meeding. Die manne het gewys hoe dit gedoen moet word. Geen opdraande was moeilik genoeg en geen afdraande vinnig genoeg vir die paar nie. Uiteindelik het hulle hakskene vir almal gewys en in ’n tyd van net minder as ses uur 21 rondes gedoen. Individuele deelnemers het ook deelgeneem en moes dan die hele tyd self sonder ’n aflos ry .
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|