Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Oud-Bethlehemiet laat hoor uit Thailand
In die jare negentig het lede van 2 Veldgenieregiment onder leiding van mnr. Johan van der Merwe, eertydse bevelvoerder van die regiment, hulp verleen tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse warmlugballonkampioenskap wat op Bethlehem gehou is. Met die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat pas verby is, het Maluti onlangs ’n e-pos uit Thailand van Van der Merwe ontvang. Van der Merwe het in 1996 ’n pos by die Verenigde Nasies (VN) aanvaar, waar hy lande ondersteun het om hul landmyn-probleme aan te pak. Hy het vir twee jaar in Bosnië gewerk, waarna hy New York toe is. Sedert Julie verlede jaar is hy in Thailand gestasioneer, waar hy as sekuriteitsadviseur vir een van die VN se agentskappe optree. Die VN het 25 kantore in Asië en die Ooste en hy bedien hulle van raad om hul personeel en operasies te beveilig, omdat die VN nou ook ’n teiken is. Van der Merwe probeer om elke jaar ’n draai in Suid-Afrika te maak, maar hy was lanklaas op Bethlehem.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|