Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Oues ly weens diens
’n Bejaarde vrou wat ná ’n ernstige motorongeluk met ’n ’n hand vol pynpille en ’n gespalkte arm by die A.G. Visser-hospitaal op Heidelberg weggestuur is, het intussen ’n operasie by die Dihlabeng-hospitaal ondergaan. Die mediese personeel van die A.G. Visser-hospitaal het nooit gesien mev. Maryna Pretorius (70) se ribbes is gebreek en dat sy inwendige beserings opgedoen het nie. Pretorius en haar man, Charel (78), is ernstig beseer toe ’n taxi van agter af in hul motor vasgery het. Die Pretoriusse is na die A.G. Visser-hospitaal gebring waar mnr. Pretorius ure lank in die ongevalle-afdeling moes wag om behandel te word. Hy is eers ’n inspuiting toegedien toe sy dogter, mev. Marietha Cole, daarop aangedring het. Cole het later die hulp van ’n private dokter ingeroep. Hy het gereël dat Pretorius na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas word. Eers daar is vasgestel ’n nekwerwel, asook sy ribbes, is gebreek. Een van die ribbes het ook sy long deurboor. Nadat mev. Pretorius baie kil deur personeel van die hospitaal behandel is, het Cole besluit om haar na die Dihlabeng-hospitaal te bring. Volgens dr. Marius de Beer, hoof van die Dihlabeng-hospitaal, het sy onder meer ’n operasie ondergaan en sedert sy hier behandel is, so aangesterk dat sy Donderdag ontslaan is.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|