Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Wenner maak 1ste CD
May 14 2008 01:11:52:263PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Woensdag word sy eerste demonstrasie-CD opgeneem.

Christiaan van Zyl van Bethlehem het rede om breed te glimlag. Nie net word sy eerste CD van die liedjie Hopeloos vandag gesny nie, hy is ook verlede Donderdag as Maluti se Spontaan-wenner aangewys.

Altesaam 58 mense het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem wat by die Frontier Inn & Casino se Coachman’s Saloon gehou is. Volgens mnr. Andy Galloway, hoofbeoordelaar van dié ronde, was daar vanjaar hope talent.

Van Zyl, ’n oud-leerling aan die Hoërskool Witteberg wat deel was van die skool se gewilde Serenade-groep, het reeds tevore aan Spontaan deelgeneem en al het hy dit toe nie gemaak nie, het hy besluit om vanjaar weer deel te neem.

Op 16-jarige ouderdom het hy sy eerste kitaar by ’n pandjieswinkel gekoop en homself geleer. Ddisselblom het by die skool opgetree en daar het hy besef dít is wat hy wil doen.

Sedertdien tree hy in plekke soos die Waenhuis-teater op. Vir hom moet sy liedjies ’n storie hê. Hy het die liedjie waarvan die CD vandag gemaak word, saam met sy voormalige meisie geskryf.

Oral waar hy optree, word hy gevra om Hopeloos te sing. Hy sal graag sy eie liedjies wil skryf en sy eie unieke identiteit ontwikkel.

Met sy stem wat hy as ’n melankoliese rasperstem beskryf, behoort die jong man nog ver te kom.

Maluti-lesers kan gerus in Julie die Volksblad-kunstefees besoek en na die finaal van Spontaan kom luister.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer