Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Bekende sakeman sterf
’n Bekende sakeman van Bethlehem is oorlede ’n paar dae nadat hy in ’n fratsongeluk was. Mnr. Abraham Potgieter (66), eienaar van ’n vervoeronderneming op die dorp, het herstelwerk by sy huis gedoen toe hy sowat drie meter ver van die plafon af in sy motorhuis geval het. Hy is eers na die Hoogland-Medi-Clinic gebring, maar kort daarna is hy na die Bloemfontein- Medi-Clinic oorgeplaas waar sy toestand as baie ernstig beskryf is. Potgieter se dogter mev. Lettie Jonker het probeer om so gou as moontlik van Nieu-Seeland af te kom om die gesin by te staan en het Vrydagoggend in Suid-Afrika aangekom. Potgieter, wat aan masjiene gekoppel was, is Donderdagmiddag oorlede. Hy word Woensdagoggend om 11:00 uit die NG kerk Bethlehem-Oos begrawe. Hy word deur sy vrou, Driekie, Jonker, haar man, Fraser, seuns Jannie en Paul, skoondogter, Vanessa, en kleinkinders Michiel, Sandri, Albert en Michelle oorleef.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|