Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Audi se sexy A5-koepee is hier
Die magiese eenmiljoen-kerf wink vanjaar vir Audi. Die Ingolstadters het verlede jaar wêreldwyd 964 200 nuwe Audi’s van die hand gesit teenoor die 1 276 800 nuwe BMW’s (die Mini uitgesluit) en Mercedes-Benz se 1 180 100 (handelsvoertuie uitgesluit). Audi was nog altyd die Duitse vervaardiger wat moes “opvang”. Maar die laaste klompie jare het Audi se verkoopsvolumes jaarliks konstant gegroei, iets wat nie van die ander twee Duitsers gesê kan word nie. Boonop word algemeen aanvaar Audi het in talle segmente die leiding met briljante produkte geneem en BMW en Mercedes-Benz moet hard sweet om weer met Audi op te vang. En 2008 lyk na nog ’n blink jaar vir Audi. Talle nuwe produkte gaan op die mark verskyn en wêreldwyd, sowel as plaaslik, sal die nuwe produkreeks die volumes tot nuwe hoogtes neem, seg die Ingolstadters. Die nuwe A5 en S5 het pas hul plaaslike debuut gemaak en die groot volumeverkoper, die nuwe A4, is ook binne enkele weke plaaslik beskikbaar. En moet ook nie vergeet van die wondere wat die R8-supermotor vir Audi se beeld en, natuurlik, die vervaardiger se bankbalans beteken het nie. Maar terug by die jongste aanslag vanuit Ingolstadt – die nuwe A5 en S5. Volksblad se motorredakteur, Jannie Hennop, het ’n dag in die George-Oudtshoorn-omgewing in die twee bestee en gee sy mening in die volgende stories.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|