Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Stelsel hou ’n ogie oor veiligheid
May 08 2008 11:39:40:780AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit lyk asof die mensdom nog ’n pedaaltrap nader is aan voertuie wat hul eie ding doen.

Volvo het pas sy City Safety-stelsel bekend gestel. Die stelsel hou ’n ogie oor die afstand tussen jou en die voertuig voor jou. As dit reken ’n ongeluk is onvermydelik, rem jou voertuig sonder dat jou voet naby die rempedaal is.

Dit mag dalk klink na ander soortgelyke stelsels van veral Duitse vervaardigers wat radar inspan om die volgafstand tussen twee voertuie te beheer. Die Volvo-stelsel werk ietwat anders en neem dié konsep ’n stappie verder.

City Safety – jip, dit is hoofsaaklik vir stadsverkeer ontwerp – maak gebruik van lasertegnologie. ’n Lasersensor is bo in die voorruit omtrent die hoogte van die truspieël geplaas en hou van daar ’n ogie oor die voertuig voor joune. Dit dek ’n afstand van ongeveer 10 m van jou voertuig se buffer af.

Op grond van jou en die voertuig voor jou se snelheid word 50 berekenings per sekonde gedoen om die remkrag te bepaal wat nodig mag wees om ’n ongeluk te vermy.

Sodra die stelsel se berekenings wys jy moes reeds gerem het, sal dit die voertuig self rem. Deur basies beheer oor te neem kan ’n ongeluk geheel en al vermy word of waar dit onvermydelik is, word die voertuig se snelheid ten minste deur die outomatiese remming verminder wat die impak kan verlig.

Dit is ook in konstante verbinding met ander veiligheidstelsels van die voertuig soos die sitplekgordels, lugsakke en gordelstyfspanners wat dan optimaal voorberei kan word indien die verwagte impak dit verg.

City Safety kan tot snelhede van 15 km/h ’n ongeluk vermy en tussen 15 en 30 km/h die voertuig se snelheid genoegsaam verminder om die impak te verminder.

Swaar reën, mis en sneeu belemmer egter die stelsel se werking, aangesien dit op lasertegnologie berus.

Volgens Volvo gebeur 75% van alle ongelukke (in Europa) teen snelhede van onder 30 km/h en ’n gebrek aan konsentrasie deur die bestuurder lei gewoonlik daartoe dat te laat gerem word.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer