Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Lotus het nuwe lewe in sy Elise geblaas
May 08 2008 11:39:37:250AM  - (SA)  
LEO KOK



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Lotus het nuwe lewe in sy Elise geblaas.

Met blaas bedoel ons natuurlik bláás, want die Toyota-enjin van 1,8 liter op die Elise kry nou ’n superaanjaer by.

Lotus sê hy het die SC-weergawe van die Elise ontwerp om die gaping tussen die gewone Elise-modelle en die witwarm Exige te vul.

Die SC staan juis vir supercharger, en die model is in prys en karakter ’n stappie sportiewer as die gewone Elise, maar ’n trap benede die Exige.

Volgens die Britse groep se ingenieurs is besluit op ’n superaanjaer sonder tussenkoeler sodat die bestuurder nog uit die smal agterruit kan sien.

Die superaanjaer is boonop as ’n eenheid saam met die inlaatstelsel ontwerp en sodoende is die Elise SC 8 kg ligter as die Exige S.

Die Elise SC se enjin (’n Toyota 2ZZ-enjin, om presies te wees) is effens herontwerp van die gewone modelle om die superaanjaer en sportiewer karakter te kan hanteer.

Die veranderings beteken onder meer die enjin lewer nou 162 kW en 210 Nm.

Die syfers self lyk nie indrukwekkend nie in ’n era van heelwat goedkoper blitsbukse, maar neem in ag die Elise SC weeg net 870 kg en sit regtig laag op die pad.

Die nuwe enjin en lae gewig stel die Elise SC in staat om 100 km/h in 4,6 sekondes en ’n topspoed van 240 km/h te haal.

Die Britte se versnellingstyd van 0-100 myl per uur (160 km/h) neem 10,7 sekondes.

Die Elise SC se ontwerp is nie veel anders as dié van die gewone Elise nie, maar oplettende motoriste kan uitkyk vir ’n groot, sentraal geplaaste uitlaatpyp, ’n meer windmakerige drukvlerk en nuwe allooivellings.

Lotus het ook aangekondig hy stel ’n nuwe binneruim in die hele Lotus-reeks saam met die nuwe SC-model bekend.

Die binneruim was nog altyd ’n bietjie skraps en plastiekerig en Lotus het nou ’n nuwe, meer ergonomiese en duursame binneruim bekend gestel.

Saam met die nuwe paneelbord is daar nou ’n nuwe sleutel, met die sluitknoppe en sleutel in een, lugversorging as standaard en ’n aanskakel-knop.

Naas die effens meer beskaafde binneruim het Lotus ook aangekondig hy gaan die ingewikkelde Sport- en Touring-opsies vereenvoudig.

In die verlede kon ’n mens ’n Sport-, Super Sport-, Touring- én Super Touring-pakket by sy voertuig gekoop het.

Dit het onnodige kopkrap veroorsaak en nou is al die opsies in ’n Sport- of Touring-pakket saamgevat.

Die Touring-pakket bied meer gemaklike funksies soos ’n bekerhouer, leerbeslag en beter klankdemping.

Die Sport-pakket bied op sy beurt weer verstelbare vere, sportsitplekke en stabiliteitsbeheer.

’n Mens kan nou ook ’n harde dak, stabiliteitsbeheer en ’n glipewenaar afsonderlik bykoop.

Teen R599 000 is die Elise wel ’n stappie onder die Exige S, maar sy sportiewe karakter, beknopte binneruim en nisproduk-kenteken beteken hy is nie ’n bedreiging vir die BMW-, Audi- en Merc-sportsedans in die segment nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer