Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Merc teen die stroom met laagsit-stasiewa
May 08 2008 11:39:35:750AM  - (SA)  
ALWYN VILJOEN



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Met die onlangse bekendstelling van die slanke C-klas Estate-stasiewa mik Mercedes nou teen die stroom.

Sportnutse en dubbelkajuitbakkies is juis gewild omdat hulle so lekker hoog sit. Dit skeel die hoogsit-pendelaars min dat hul voertuie elke draai met 'n bakrol begroet en meer windweerstand bied, wat weer hoër brandstofverbruik tot gevolg het.

'n Hoogsit-posisie laat mens veiliger en meer in beheer voel. Daarom dat al hoe meer vervaardigers sedert die middel van die jare negentig hul stasiewaens op steroïede gesit het en as sportnutse begin verkoop het.

Teenoor die hoogsitters en hul illusies is daar egter 'n paar puriste wat vereis dat hul familiemotor ruim moet wees en om draaie moet kan ry sonder om almal motorsiek te maak. Dis vir dié groepie petrolkoppe wat Eckart Mayer, afdelingshoof van Mercedes Motors, sy geld op die invoer van 'n rits stasiewaens gewaag het.

Die reeks spring weg met al die en?jin?opsies wat op die sedan beskikbaar is, met die uitsondering van die C220 CDI en C63 AMG wat later kom. Weliswaar beplan Mayer nie om duisende Estates te verkoop nie.

Hy is terdeë bewus dat Fiat sy Chroma weens 'n gebrek aan belangstelling van die mark onttrek het; dat Peugeot aanhangers die glasdak 407 maar stief behandel; en dat selfs Tata sukkel om hul spotgoedkoop Indigo-stasiewa te skuif.

C63 AMG later vanjaar in SA beskikbaar

Mayer is ook nie gepla dat die Estate in slalom-draaie die kenmerkende Mercedes-Benz-stuurtraagheid vertoon nie. Mercedes kán stuuroorywerig raak as hy lus is, soos die C63 AMG terdeë om die Phakisa-renbaan bewys het, maar Mercedes glo stuurtraagheid is ’n veiliger stuureienskap vir wettige snelhede. Daarom mik die stasiewa reguit in die apeks in en sal die C63 AMG Estate, wat later vanjaar aankom, ook net met ’n sportiewe afwerking, in plaas van sy sedan-stalgenoot se klipharde vering hier verkoop word.

In stede van hantering beplan Mayer om met hoë veiligheid, lae pryse en groot kragsyfers uit klein enjins, die BMW se Touring 3-reeks en Volvo se V50 en XC70, die stryd aan te sê.

In die binneruim bied die stasiewa dieselfde luuksheid-vlakke as die sedan. Wanneer luukse motors baklei, is klankstelsels hul grofgeskut.

Mercedes se groot kanon is die Linguatronic- stem-beheerde radiostelsel wat deel van die opsionele Comand APS-stelsel is en waarvoor Merc R21 000 vra. Die Comand APS-multimediastelsel bied ’n navigasiestelsel, DVD-speler en ’n hardeskyf met plek vir 1 000 liedjies. Vir ’n verdere R5 500 kan ’n mens die Harman/Kardon-klankstelsel koop. Andersins is die Audio 20-klankstelsel met ’n ses-CD-wisselaar standaard in die stasiewa. Die stelsels skakel via Bluetooth met toepaslike selfone.

Mayer benadruk praktiese laairuimte is steeds die hoofrede waarom mense stasiewaens koop en wys daarop die slanke Estate se volumes is werklik indrukwekkend.

Met die sitplekke platgeslaan sluk die Estate-bagasieruim, aldus Mercedes, 1 500 liter, teenoor byvoorbeeld ’n VW Caravelle wat met die sitplekke in plek 1 200 liter se bagasie kan pak.

Hy spog die Estate is die enigste stasiewa met ’n daklyn wat spesifiek ontwerp is om ’n standaardwasmasjien in sy pakkasie te vervoer.

Dié stukkie detail beklemtoon die verskil tussen mense wat wil hoog sit en veilig voel...en mense wat wil laag sit en veilig wees.

Want net soos wat Mercedes sy vering stel om veiliger eerder as opwindend te wees, weet stasiewamense avontuurlustige lewenstyle lewer ook vuil klere op en hulle is voorbereid.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer