Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Honda Jazz sing ’n heel nuwe deuntjie
Die nuwe Honda Jazz is byderwets en veelsydig en hoewel hy steeds as ’n Jazz herkenbaar is, is hy geheel en al nuut. Van die aantreklike neus met Honda se kenmerkende seskantige sierrooster tot die skuinser daklyn en FR-V-agtige agterligte met ligdiodes (LED’s) pronk die Jazz nou met ’n doelgerigte vorm. Drie modelle sal in Suid-Afrika beskikbaar wees: die 1,4 LX, 1,5 EX en ’n 1,5 EX S. Al drie is met Honda se nuwe i-VTEC-enjins toegerus en met vyfgang-hand- of outomatiese ratkaste beskikbaar. Die gevorderde i-VTEC-kleptydreëling verseker dat een inlaatklep onaktief bly onder stadsrytoestande wat lei tot ’n gekombineerde brandstofverbruik van 5,8 F/100 km vir die 1,4 en 6,4 F/100 km vir die 1,5. Wanneer jy wil verbysteek of ’n bergpas moet uit, spin albei kragbronne gewillig en lewer hulle onderskeidelik 73 kW en 88 kW en 127 Nm en 145 Nm. Een van die hoogtepunte van die Jazz se bestuurervaring is die nuwe ratkaste. Die handrat spog met ’n positiewe skakeling wat tegelyk meganies en glad voel. In outomatiese gewaad het Honda weggedoen met die ongewone CVT-ratkas wat die ratverhoudings voortdurend wissel. In ruil kry jy ’n tradisionele outokas wat byna onopmerklik ratte wissel teen klein versnelleropeninge en gewillig terugskop wanneer jy die regtervoet wegtrap. Volgens Graham Eagle, hoofbestuurder van verkope en bemarking, het die vorigegenerasie-Jazz aan die bopunt van die B-segment meegeding. Daarom het hulle die nuwe Jazz met ’n hoë spesifikasievlak bekend gestel. Die 1,4 LX met handrat kos R145 000 en beskik onder meer oor lugversorging, ’n voorlaai-CD-speler, sentrale sluiting met afstandbeheer, elektriese ruite en kantspieëls. Dit is die enigste motor in dié prysklas met standaard-15 duim-allooivellings. Op die EX kry jy ’n leerbeslane stuurwiel met afstandbeheer vir die klankstelsel en ritrekenaar, asook ’n iPod-sok, terwyl die EX S ’n oorgrootte-sondak, 16 dm-allooiwiele en sportiewe bakstilering kry. Die voorste mikvere is herontwerp terwyl die wringas agter stywer is en met groter busse aan die bakwerk geheg is, wat op sy beurt stiller is. Gekoppel aan ’n stuur wat gewigtig is en duidelik met die bestuurder kommunikeer, maak elke rit in die Jazz ’n plesier. Binneruim gebruikersvriendelik ontwerp As daar enige kritiek is, is dit die ritgehalte wat effens aan die ferm kant is en die relatief hoë padgeraas. Die 1,4 liter-enjin is ook redelik hoorbaar teen hoë toere. Die binneruim is tipies Honda met ’n futuristiese, gebruikersvriendelike ontwerp. Die voorste pilare is 25 mm dunner as by die vorige model wat ’n oop kajuitgevoel lewer en goeie sigbaarheid verseker, terwyl die groter asafstand en wielsporing meer ruimte vir passasiers beteken. Die middelkonsole met sy groot drukknoppe is aantreklik en maklik is om te gebruik. Die materiale voel duursaam. Die Jazz se agtersitplekke se rugleunings kan nou met die trek van ’n enkele handvatsel platvou sonder om die kopstutte te verwyder. Die sitplekbasisse kan ook opslaan om hoë voorwerpe soos ’n fiets of ’n potplant tussen die twee rye stoele te vervoer. Al die modelle in die reeks het voorste en kantlugsakke as standaardtoerusting, met gordynlugsakke wat op die EX S-model beskikbaar is. Die aktiewe veiligheidskenmerke sluit in sluitweerremme met elektroniese remdrukverspreiding. Die Jazz het ’n 4 jaar/60 000 km-diensplan.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|