Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Dís wat vroue wil hê
As onlangse navorsing in die kol is, weet die moderne vrou presies wat sy wil hê. Om meer spesifiek te wees, sy wil met ’n man genaamd Jan trou teen die tyd wat sy 25 jaar oud is en Jan moet omtrent R400 000 per jaar verdien. Hoewel dit nie na ’n vreeslike groot bestelling klink nie, glo agt uit elke tien vroue dat hulle nooit hul sielsgenoot sal ontmoet nie. “Deesdae is dit net so moeilik om te weet wie om te vertrou en of julle nog oor 20 jaar met mekaar sal kan saamleef,” het mej. Tasha du Plessis van Kimberley gesê. Die navorsing, gemik op vroue met ’n gemiddelde ouderdom van 25, is gedoen deur die tydskrif More, en het bevind dat 88% van vroue lang?termyntoewyding in ’n verhouding hoog aanslaan. Van die vroue het 94% gesê hulle sou graag wou trou, en 89% glo dat getrouheid in ’n verhouding baie belangrik is. “Ek dink getrouheid is belangriker as om te trou. Die een beteken tog die ander,” het Kimberliet mej. July Vivier gesê. Name soos Daniël, Ben, Chris en David is almal onder vroue se tien gunsteling-name. Vir die gemiddelde man wat sukkel om sy voete in die wêreld te vind, is daar ook hoop: agt uit elke tien vroue het aangedui dat hulle ’n “goeie, hardwerkende man” bo die sprankel van ’n “glansverhouding” verkies. Hy kan wel ’n bietjie harder probeer. Twee derdes van die vroue het gevoel dat hulle die meeste moeite in ’n verhouding doen. Slegs 37% het gesê dat hul maats vir hulle blomme gekoop het en slegs 24% van die manne het vir ’n ete betaal. Om alles te kroon sê driekwart van die skoner geslag dat hul harte al gebreek is.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|