Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Titaniese tweestryd vanaand verwag
May 07 2008 03:49:05:580PM  - (SA)  
Henry Hopley



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die Polisie-rugbyspan pak sy aartsvyande Hartwater vanaand om 19:00 in die laaste eersteligawedstryd van die Kimberley-subunie op Itec-park.

’n Titaniese tweestryd word verwag met Bobbies die gunsteling vanweë sy tuisveld-voordeel.

Die tradisioneel harde stryd tussen die twee spanne is vanaand uiters belangrik, omdat die wenner as ligakampioen gekroon sal word.

Indien albei spanne op volle sterkte sal wees, kan die toeskouers opwindende rugby sien.

Op grond van sy vertoning in die liga tot dusver vanjaar sal Bobbies as die gunsteling uitdraf, maar dat ’n titaniese stryd verwag word, lei geen twyfel nie.

’n Taai stryd word onder die voorspelers verwag en die agttalle sal na verwagting mekaar goed opkeil. Agterlangs word ’n hewige tweestryd verwag met die skrumskakels Fransie Roets van Polisie en Dewalt Dempers van Hartswater wat albei weet hoe om hul voorspelers vorentoe te laat speel.

Albei kan ook die wedstryd dikteer indien hul pak voorspelers hulle goed beskerm.

Die tuisspan beskik oor twee wedstrydwenners in Burger Zandenberg en Kobus Basson wat verlede week teen Ammosal elk ’n driekuns behaal het.

Die besoekers se agterlyn kan, indien hy genoeg besit bemeester, Polisie se verdediging goed beproef.

Hartswater se troefkaart is sy flank, Michael Donaldson, wat oor ’n dodelike skopvoet beskik.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer