Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Kunskompetisie se prysgeld verdubbel
Die Vuleka-kunskompetisie se prysgeld vir vanjaar is verdubbel. Alle kunstenaars mag deelneem. Die algehele wenner kry ook ’n reis na Parys, Frankryk. Vuleka is die Xhosa-woord vir “oop” wat beteken dié prestigeryke nasionale kunskompetisie is oop vir enige kunstenaar ouer as 18 jaar wat nie die afgelope drie jaar ’n solo-tentoonstelling gehou het nie. Net oorspronklike kunswerke wat in 2007-’08 voltooi is, mag ingeskryf word. Die kompetisie word jaarliks deur die Kunsvereniging van Bellville (art.b) in samewerking met die finansiëledienste-groep Sanlam aangebied. Dit wil veral kreatiwiteit, innovering en avontuurlike kuns uit alle kulture aan te moedig. Gekeurde kunstenaars sal ook deel wees van ’n groeptentoonstelling in die art.b-galery van 3 tot 24 September. Kunstenaars kan onbeperk kunswerke in enige van die volgende drie kategorieë inskryf, selfs almal: skilderye in olie-, water- of akrielverf, drie-dimensionele werke, keramiek ingesluit, en werke in enige ander medium. Fotografie is ook ingesluit. Benewens ’n wenner in elke kategorie, sal die algehele beste kunswerk aangewys word. Op die algehele wenner wag R10 000 en ’n gratis retoervliegkaartjie na Parys, Frankryk. Kategoriewenners kry R5 000 elk Navrae: Maxie Oosthuizen by 021-918-2301, e-pos: maxie.oosthuizen@capetown.gov.za
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|