Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Flamingos reg vir sege in Potch
Die Noord-Kaapse Flamingos-netbalspan sal op die wenpad wil bly deur met die Unicorns van Noordwes af te reken in hul nasionale ligakragmeting Vrydagaand op Potchefstroom. Die Unicorns, wat al ’n draai in die A-afdeling van die liga gemaak het, moet egter nie onderskat word nie. Die Flamingos sal waarskynlik dieselfde span behou as wat twee weke gelede met die Mpumalanga-Ingwes afgereken het. Ná hierdie wedstryd behoort die Flamingos se kombinasies meer vertroud met mekaar te wees. Die Unicorns is waarskynlik die Flamingos se sterkste teenstander in vanjaar se kompetisie. As die Noord-Kaapse span die basiese dinge reg doen, behoort hy die Unicorns te kan klop. Die span moet egter as ’n eenheid goeie samespel lewer en sy kanse ten volle benut om op die wenpad te kan bly. Die teenwoordigheid van Claudia Basson en Liezl Wium het die Flamingos se selfvertroue ’n groot hupstoot gegee. In Saterdag se ligadag op die Laerskool Newton se bane het die Reds, hoewel hulle sonder drie van hul staatmakers moes speel, steeds ’n hoë standaard gehandhaaf en hul twee wedstryde oortuigend gewen. Die opwindendste wedstryd van die dag was tussen Postmasburg (ii) en Royal Wizards. Tot die vierde kwart was die spanne kop-aan-kop en dit was slegs in die vierde kwart dat Royal Wizards ’n klein voorsprong gekry het en verbete daaraan vasgeklou het. . Volledige uitslae: Reds (i) 54 Douglas 24, Kuruman 72 Kimberley-Kollege 8, Kathu (i) 63 De Aar Celtic 10, Postmasburg (i) 58 Kimberley-Kollege 1, Reds (i) 49 Kuruman 10, Lime Acres 36 Kathu (ii) 14, Reds (ii) 49 Hartswater 7, Postmasburg (i) 54 De Aar Celtic 8, Kathu (i) 26 Vaalharts 15, Royal Wizards 25 Postmasburg (ii) 21. Die volgende ligadag is op 24 Mei op Lime Acres.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|