Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Opvoeding almal se taak
“Dit is die hele gemeenskap se verantwoordelikheid om ’n kind groot te maak. Deesdae word die alleen-verantwoordelikheid vir die opvoeding van kinders op die onderwysdepartement gelaai, maar dit is almal se verantwoordelikheid om toe te sien dat kinders opgevoed word.” Só het me. Themsi Madikane, LUR vir veiligheidskakeling, gesê op die provinsiale onderwysberaad wat verlede week oor twee dae by die CRC-kerk in die stad gehou is. Me. Dipuo Peters, premier van die Noord-Kaap, was in die buiteland en Madikane het namens die premier opgetree. Honderde afgevaardigdes van skole in die provinsie het die beraad bygewoon. Die doel van die beraad was om die veldtog van “onderwys-vir-die-mense” te verskerp. Onderwys is onder die soeklig geplaas en uitdagings is bespreek. “Onderwys is nog altyd onder die soeklig en is nog altyd ’n menseprobleem en beïnvloed gemeenskappe.” In die verlede het onderwysers hoë agting in die gemeenskap geniet. Daar moet hard gewerk word dat die aansien vir die loopbaankeuse weer aansien geniet. Die klem moet verder van owerheidsbetrokkenheid tot gemeenskapsbetrokkenheid by skole verskuif word. Mnr. Thulas Nxesi van Sadtu het hard met mnr. Archie Lucas, LUR vir onderwys, gepraat. Hy het gesê dit wil vir hom voorkom asof die opvoeding van die kinders nie bo aan die LUR se voorkeurlys is nie. Die beraad het ’n uur laat begin en Lucas het later gesê die alewige laatbeginnery van berade, indaba’s en vergadering is dalk ’n kroniese siekte in die openbare sektor.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|