Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Twee gediskwalifiseer in Groot Gat-marathon
KIMBERLEY. – Twee atlete is in Saterdag se Groot Gat-marathon gediskwalifiseer omdat hulle die roete byster geraak en te kort afstande gehardloop het. Jack Ntoyi van die Galeshewe-atletiekklub het die jaarlikse Pirates 42 km-wedloop gewen. Hy het die wedloop in 2:40:10 voltooi. Steven Makatong van Sesheng was die naaswenner in 2:50:40 met Tebogo Moipolai van Kagisano in 2:57:57 die derde plek. Lizel Potgieter van Bloemfontein Achiles het die vroue-afdeling in 3:51:24 gewen. Riette Douglas van Pirates was tweede in 3:54:17. Lulu Ntsie en Mashiko Mokwena van Galeshewe was saam met 3:56:00 in die derde plek. Die Klein Gat-halfmarathon is deur Mohuonae Semane in 1:09:07 gewen. Finlime Johannes Chobeng het in 1:10:51 tweede geëindig, met Jacob Danster van Pirates in 1:11:53 derde oor die wenstreep. In die vroue-afdeling was Berdine Smith van Nedbank in die eerste plek met 1:43:10. Jenny Uys van Pirates was in 1:54:42 die naaswenner gevolg deur haar spanmaat Louise van Niekerk wat die wedloop in 1:56:48 voltooi het. Trevor Robertson van Galeshewe het in 27:12 in die Kort Gat se 10 km-wedloop koning gekraai. Sy spanmaat Dingaan Stander was kort op sy hakke in 27:12 oor die wenstreep met Julius Maitsiboa van Sesheng in 27:49 in die derde plek. Irma Coetzee van Galeshewe het die vroue-afdeling in 47:10 gewen met Anel Viljoen van Kimberley Road Runners in 56:12 die naaswenner en Magriet Truter van Pirates in 56:16 in die derde plek.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|