Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Kansa kry bydrae
“Twee van my vriendinne is onlangs met kanker gediagnoseer en die een is reeds oorlede.” Dit was die antwoorde van mev. Dedré Steynberg op vrae oor wat haar gemotiveer het om ’n geleentheid ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) te hou. Steynberg het ’n nuwe reeks juwele bekend gestel en het ’n deel van die wins aan Kansa geskenk. “Ek het my vriendin ’n rukkie gelede gesien en haar nie herken nie. Al was sy baie maer, het sy goed gelyk met ’n kopdoek, rooi lippe en blink juwele. Sy is al wat ek voor my gesien het toe ek die geleentheid gereël het.” Steynberg het self ’n kopdoek gedra om haar ondersteuning te wys. “Ek het gedink dit is vreeslik wanneer ’n mens jou hare verloor weens die behandelings en gee dié geld juis om pruike mee aan te koop.” Volgens mev. Brunnie Botha van Kansa in Kimberley is die verlies van hare vir talle vroue baie erger as dat hulle kanker het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|