Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Oudisietyd is hier!
May 14 2008 01:48:55:497PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die tyd vir Noordkaap se Spontaan-oudisie het aangebreek.

Die oudisies vir Noordkaap vind Vrydag plaas en lede van die publiek word genooi om deel te neem. Dis nou of nooit om te kom sing en perform.

Noordkaap se streekwenner ontvang ’n koopbewys van die Diamond Pavilion-inkopiesentrum en ’n koopbewys van Musica.

Die registrasie vir oudisies begin Vrydag om 16:30 in die Diamond Pavilion-inkopiesentrum se raadskamer. Die raadskamer is aan die einde van die gang na die badkamer langs Sheet Street geleë.

Die algehele wenner gaan deel in die meer as R170 000 in pryse en borgskappe wat op die spel is.

Ons soek iemand wat nie net mooi kan sing nie, maar wat ook die verhoogpersoonlikheid het om te kan perform.

Miskien is jy een van 12 streekwenners wat op 11 en 12 Julie tydens die Volksblad-kunstefees gaan meeding om een van die drie topplekke.

Lieflike pryse – insluitend ’n Nintendo Wii, ’n beurs, ’n demo-cd, ’n bestuurskontrak, geskenkpakke, verblyf, kontant, braais, ’n selfoon en geskenkbewyse – is op die spel.

Moenie bang wees om te kom probeer nie. Miskien het jy daardie x-faktor wat van jou ’n ster kan maak.

Volksblad se gemeenskapskoerante in die Vrystaat en Noord-Kaap bied vanjaar die sewende keer die gewilde sangkompetisie aan, en vanjaar is Spontaan nog groter.

’n Wenner gaan vir elk van die 12 gemeenskapskoerante gekies word, waarna die 12 streekwenners sake gaan uitspook in die Bloem-Plaza en op die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein op 11 en 12 Julie.

Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunrondes aangekondig word.

Indien jy as ’n streekwenner aangewys word vir een van die koerante moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry.

Elke deelnemer kry ’n kans om een of twee liedjies in die eindronde te sing, en die wenner lewer daarna ’n verdere drie liedjies.

Inskrywing is gratis. Geen vooraf registrasie is nodig nie. Daag net by die oudisie op, en registreer jou daar.

Streekkompetisies word op die volgende plekke op die volgende datums gehou:

Kuruman: Donderdag 15 Mei om 16:00 in die Booysen-lokaal van die Laerskool Seodin.

Kimberley: Vrydag 16 Mei om 16:30 in die Diamond Pavilion se raadskamer.

Bloemfontein: Donderdag 22 Mei om 17:00 vir Bloemnuus en Saterdag 24 Mei van 09:00 vir Express en Ons Stad by Volksblad, Nelson Mandelarylaan.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer