Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Arende pak Leeus
Nov 19 2008 03:47:28:450PM  - (SA)  
Henry Hopley



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Diamant-Arende-krieketspan pak die Hoëveld-Leeus Sondag in ’n MTN-eendagwedstryd hier op die Diamant-ovaal.

Dit sal die laaste van drie wedstryde wees wat die tuisspan in vyf dae speel. Sy eerste wedstryd is vanmiddag teen die Dolfyne in Durban.

Vrydag speel die Diamant-Arende in Oos-Londen teen die Krygers. Die wedstryd is maak of breek vir die tuisspan in die kitskrieket-reeks.

Die wedstryd Sondag wat om 10:00 begin, behoort groot belangstelling te lok.

Die Leeus het reeds bewys hulle beskik oor ’n stewige kolflys met kolwers soos Jean Symes en Vaughn van Jaarsveld wat goed op stryk is.

Albei het Vrydagaand teen die Dolfyne beïndruk met Symes wat 146 lopies aangeteken het, terwyl Van Jaarsveld die vinnigste honderdtal in kitskrieket behaal het.

Hy het sy honderdtal van 56 balle gemoker en sy beurt het 12 vier- en 3 seshoue ingesluit. Op die verwagte gunstige kolfblad sal die besoekers weer op die twee kolwers steun om die lopies te jaag.

Die tuisspan het ook aanvallende kolwers en veral Morné van Wyk en Loots Bosman het verlede Vrydag teen die Titane hul ou vorm vertoon.

Hulle sal goed deur Boeta Dippenaar en Rilee Rossouw geondersteun word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer