Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

SA bokramme trek neus op vir ooie
Aug 04 2004 10:34:42:663AM  - (SA)  
WILLEMIEN BR?MMER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. -- Selfs boerbokke trek soms hul neus op. Want as die druk hoog is, só sê die Ugandese, dan is die Suid-Afrikaanse boerbok nie 'n bok vir sports nie. Al is hy bekend vir sy bronstigheid.

Die Suid-Afrikaners meen dit is die Ugandese ooie se skuld. Boerbokke van hier, wat na Uganda uitgevoer is, het onlangs 'n herrie veroorsaak deur hul neus op te trek vir die Ugandese bokooie.

Wat erger is: Die bokke het die ooie glo bloot kil aangestaar.

Luidens 'n berig in die Ugandese koerant New Vision is dié boerbokke deur die ministerie van landbou aan boere in die oostelike en westelike streke van Uganda verskaf.

Hierna het die Ugandese boer en politikus, me. Rosemary Sseninde, haar gekoopte bokke daarvan beskuldig dat hulle "impotent" en "lui" is.

Die uiteinde? Die Ugandese regering stel nou sy visier op die weivelde van Iran.

Mnr. Izak Vorster, president van die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging, meen dit is die Ugandese ooie wat nie die boerbokke geprikkel het nie.

"Dit kan wees dat die ooie daar maer of ondervoed is, want dan werk hul normale geslagsiklusse nie so goed nie. Die rammetjies sal van niks wil weet as die ooie nie reg ruik nie," het die boerbokteler van die plaas Elandskloof in Middelburg gesê.

Volgens Vorster het bokke 'n bronstigheidsiklus wat tussen Augustus tot Oktober 'n laagtepunt bereik. In April sal nie eens 'n koue stort (of 'n stortreëntjie) hulle afskrik nie.

"Augustus is 'n slegte tyd van die jaar vir paar -- dit is maar een van die wette van die natuur," het hy gesê. "In die winter het die plantegroei nie al die energie en minerale nie en dit sal maak dat die ooie nie reg is nie."

Volgens dié boer is die Suid-Afrikaanse boerbok een van die beste vleisbokke ter wêreld. "Die Ugandese teel met ons bokke om hul bokke se vleisbouvorm te verbeter. Die een outjie lyk soos Michael Jackson en die ander soos Tarzan. Natuurlik gaan jy eerder vir Tarzan slag, want hy't 'n beter bouvorm."

En as ons Tarzans die dag lus kry, het Vorster gesê, kan hulle tot tien verskillende ooie dek. "As die ooi reg en gereed is, sal ons boerbokke hulle nie steur aan eers aanpas in die buiteland nie. Selfs al is dit in Augustus."

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer