Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Tennisafrigter kry 17 j. weens moord MIKE VAN ROOYEN DIE moordenaar van 'n onderwyseres van die Laer Meisieskool Oranje in Bloemfontein, wie se verwronge liefde vir haar tot haar dood gelei het, is in die Vrystaatse hooggeregshof vir 17 jaar lank tronk toe gestuur. Mnr. Gary van Niekerk (43), 'n professionele tennisafrigter van Brandfort, het 'n vrou in die fleur van haar lewe doodgemaak en twee kinders sonder 'n ma gelaat, het regterpresident J.P. Malherbe in sy vonnisuitspraak gesê. Hy kan dit nie verwerp dat Van Niekerk lief was vir mev. Wynona Van Wyk (44) nie, maar dit was 'n verwronge liefde. Hoewel sy in 'n kort tydjie doodgemaak is, moes sy vreesbevange gewees en pyn verduur het toe die 25 messteke op haar toegedien is. Dit lyk asof Van Niekerk 'n "obsessie" met haar gewese man, Derik, 'n geoktrooieerde rekenmeester van Bloemfontein, gehad het. Mnr. Van Wyk se teenwoordigheid die dag van die moord op 14 Oktober verlede jaar op Brandfort het Van Niekerk ontstel. Hy het mnr. Van Wyk as die duiwel gesien. Regterpres. Malherbe het gesê die moord is nie vooraf beplan nie. Dit is eerder op die ingewing van die oomblik gepleeg. As Van Niekerk dit vooraf beplan het, sou hy waarskynlik anders geklee gewees het toe die Van Wyks die middag daar aankom. Hy was net in sy onderbroek geklee. Oor die aanrandings met die opset om ernstig te beseer op mev. Van Wyk en haar ma, mev. Alida Dalton, enkele maande tevore in die moordhuis op Brandfort, het regterpres. Malherbe gesê: "Dit was koel en beredeneerd uitgevoer. Die beskuldigde se optrede was laakbaar en gevoelloos en daar was ook 'n mate van sadisme wat na vore gekom het." Hy het 'n beseerde mev. Dalton geruk en haar dogter met 'n mes aangehou. "Geweld kom te dikwels in ons land voor. Mense wat geskille met geweld wil oplos, moet weet dat die howe dit nie sal duld nie." Regterpres. Malherbe het gesê hy sal in Van Niekerk se guns aanvaar hy het berou. Omdat hy reeds bykans 'n jaar in aanhouding is, trek hy een jaar af van die vonnis wat hy hom wou oplê. Op die aanrandings op die ma en dogter het hy hom tot twee jaar tronkstraf gevonnis en weens die vuishou wat hy mnr. Van Wyk op die moorddag op die mond gegee het, is hy tot drie maande tronkstraf gevonnis. Dié tronkstrawwe sal same lopend met die 17 jaar uitgedien word. Adv. Danie Pretorius het vir die staat en mnr. Nic Saunders vir Van Niekerk opgetree.
|
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|